Mauritiusdoring

Die Mauritiusdoring (Caesalpinia decapetala) is 'n indringerplant en struik of klimplant wat inheems is aan Suidoos-Asië, en nie Mauritius soos die naam aandui nie. Dit groei aan rivieroewers, woudrande en woudooptes asook langs paaie.

Mauritiusdoring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Caesalpinia
Spesie:
C. decapetala
Binomiale naam
Caesalpinia decapetala
(Roth) Alston

Voorkoms

Blomme
Sade

Die plant word 2 tot 4 m hoog, groei dig en is immergroen. Die Acacia-agtige plant het 'n veeragtige loof. Dit vorm verstrengelde ruigtes of klim in bome op. Kort dorings bedek die takkies, wat reguit of haakvormig kan wees. Die blare is saamgestel en die bokant is donkerder. Die blomme is aanskoulik, liggeel en verskyn in keëlvormige are. Die vrug is 'n houtagtige peul en skerp, amper soos 'n snawel.

Dit is 'n gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes baumanni[1]

Bron

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Verwysings

  1. "Species". ABDB.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.