Matilda Hanekom
Mathilda Hanekom (Prins Albert, 9 Desember 1899 – Pretoria, 6 Januarie 1977) was ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel. Sy was getroud met Hendrik Hanekom en hulle het ’n dogter, Tilana Hanekom, gehad.
Matilda Hanekom | |
![]() | |
Matilda Hanekom, soos sy verskyn het in Onskuldig Veroordeel | |
Geboortenaam | Mathilda de Beer |
---|---|
Geboorte | 9 Desember 1999 Prins Albert |
Sterfte | 6 Januarie 1977 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
In 1925 het sy en Hendrik Die Afrikaanse Toneelspelers, ’n Afrikaanse toneelgeselskap wat 27 jaar bestaan en die land vol getoer het, gestig. Van die stukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Liefde en Geldsug, Hans die Skipper, Oom Paul, Oorskotjie, Onskuldig Veroordeel, Generaal De Wet en Die Stille Haard.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hulle gesamentlik toegeken.[1] Ná Hendrik se dood in 1952 het Mathilda voortgegaan met toneelspel.

Toneel uit die toneelstuk: Ek onthou vir Mamma. Die drie moeders met hul drie dogters – almal saam in een N.T.O.-geselskap wat Ek onthou vir Mamma in 1954 opgevoer het. Die stuk het 'n jaar op die pad gebly. Links agter: Wena Naudé en voor haar Nilo, haar dogter. Middel: Elsa en Bobbette Fouché. Regs: Mathilda en Tilana Hanekom.
Verwysings
- Hanekoms vandag nog onthou, Die Burger, 24 Januarie 2002
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.