Matheran

Die Britse SS Matheran, 'n vragskip van 7 654 ton, het tydens die Eerste Wêreldoorlog op 26 Januarie 1917 ongeveer 60 km noord van Kaapstad en 15 km wes van Dasseneiland gesink. Dit het 'n seemyn getref wat deur die Duitse oorlogskip, die Wolf gelê is. Slegs een bemanningslid het gesterf. Die skip, wat in 1906 gebou is, was die eiendom van T. en J. Brocklebank Bpk..

Bibliografie

  • www.wrecksite.eu/wreck.aspx?172429
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.