Massamoordenaar
'n Massamoordenaar is 'n persoon wat 'n klomp ander mense vermoor het.
Volgens die FBI se definisie verwys massamoord na moord op vier of meer mense sonder enige afkoeltydperk tussenin.[1] Hierdie moorde vind dus op dieselfde tyd, of in 'n relatief kort periode plaas. Wanneer daar 'n afkoeltydperk tussen moorde is, is die term reeksmoordenaar meer gebruiklik.
Massamoord kan deur 'n persoon of 'n groep (soos 'n terroristegroep of regering) gepleeg word. In baie gevalle is die moordenaar geestelik versteurd. Soms pleeg so 'n moordenaar selfmoord, of word deur die polisie vermoor.
Massamoordenaars
Enkele voorbeelde ter illustrasie:
- Anatoli Onoprijenko, bekend as die Ondier van Oekraïne, het 52 mense doodgemaak.
- Anders Behring Breivik vermoor 77 mense in Oslo en op die vakansie-eiland Utoeya
Verwysings
- "Serial Murders" (in Engels). The Federal Bureau of Investigation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 4 Februarie 2014.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Perpetrators of massacres. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.