Marquesaseilande
Die Marquesaseilande (Frans: Îles Marquises of Archipel des Marquises; Marquesaans: Te Henua (K)enana (noorde) of Te Fenua `Enata (suide), wat albei "Die Land van die Mens" beteken) is ’n groep vulkaniese eilande in Frans-Polinesië, ’n oorsese kollektief van Frankryk in die suidelike Stille Oseaan. Die hoogste punt is die piek van Berg Oave op die eiland Ua Pu – 1 230 m bo die seevlak.[2]
Marquesaseilande Inheemse naam: Îles Marquises / Te Fenua ‘Enata / Te Henua Kenana | |
---|---|
![]() Vlag | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan |
Argipel | Polinesië |
Totale eilande | 15 |
Hoofeilande | Nuku Hiva, Ua Pu, Ua Huka, Hiva Oa, Fatu Hiva |
Hoogste punt | Berg Oave (Ua Pu) 1 230 |
Administrasie | |
Sien teks. | |
Oorsese kollektief | Frans-Polinesië, Frankryk
|
Hoofstad | Tai o Hae
|
Demografie | |
Bevolking | 9 264[1]
|
![](../I/Karta_FP_Marquesa_isl.PNG.webp)
Volgens navorsing in 2010 is die eilande vinnig in twee vlae gekoloniseer deur inheemse bewoners van Wes-Polinesië. Dit het in ~1025-1120 n.C. begin en gelei tot die ontwikkeling van ’n "merkwaardig eenvormige kultuur, menslike biologie en taal".[3]
In die 21ste eeu vorm die Marquesaseilande een van die vyf administratiewe afdelings van Frans-Polinesië. Die hoofstad is Taiohae op die eiland Nuku Hiva. Volgens die 2012-sensus was daar 9 264 bewoners op die eilande.[1]
Kultuur
Die ryk omgewing van die eilande het 'n groot bevolking onderhou. Die inwoners het veral gelewe van vis, skulpvis en broodvrug.
Verwysings
- INSEE. "Population des subdivisions administratives de Polynésie française" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2018. Besoek op 13 Oktober 2013.
- "Communes des Îles Marquises". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2008. Besoek op 15 Julie 2016.
- Janet M. Wilmshurst, Terry L. Hunt, Carl P. Lipo en Atholl J. Anderson. "High-precision radiocarbon dating shows recent and rapid initial human colonization of East Polynesia", PNAS, vol. 108 no. 5, doi: 10.1073/pnas.1015876108, URL besoek op 26 Oktober 2015