Mark Pilgrim
Mark Pilgrim (20 September 1969 – 5 Maart 2023) was 'n Suid-Afrikaanse mediapersoonlikheid wat talle radio- en televisieprogramme aangebied het, veral as 'n DJ op 5FM, 94.7 Highveld Stereo, 94.5 Kfm, Hot919 en toe Hot102.7fm.[1] Op televisie het hy beide seisoene van Big Brother South Africa, die eerste seisoen van Big Brother Africa en die M-Net-speletjieprogram Power of 10 aangebied.
Radioloopbaan
Mark Pilgrim het sy radioloopbaan op Voice of Wits-kampusradio in die 80's begin. Hy het in 1995 by 5FM aangesluit. In 2003 het hy 5FM[2] verlaat en by 94.7 Highveld Stereo in Johannesburg aangesluit.[3] In Oktober 2007 het Pilgrim 'n musiekprogram aangebied wat gelyktydig op 2 radiostasies uitgesaai is (KFM en 94.7).[4] Hy het aan die einde van Junie 2014 uit die radio getree,[5] maar het 'n paar maande later teruggekeer na die splinternuwe Hot 91.9FM in Johannesburg, aanvanklik net 'n Saterdagoggendprogram 09:00 - 12:00 gedoen, maar uiteindelik voltyds teruggekeer na radio en doen ook Maandag tot Vrydag 9 vm – middag. In 2015 het hy 'n MTN Radio-toekenning vir die beste naweekradioprogram in Suid-Afrika ontvang,[6] en in 2019 die Liberty Radio-toekenning vir die beste dagprogram in Suid-Afrika gewen. In 2021 is Pilgrim opgeneem in die South African Radio Awards Hall of Fame vir sy bydrae tot die radiobedryf.
Televisieloopbaan
- New Moves (e-TV: 1999–2000)
- Big Brother South Africa 1 (M-Net: 2001)
- Big Brother South Africa 2 (M-Net: 2002)
- Big Brother Africa (DStv: 2003)
- Retail Therapy (M-Net: 2002–2005)
- Face 2 Face (SABC2: 2004)
- Sex Etc. (M-Net: 2005)
- Blue Wave (Korporatief: 2004–2018)
- What's Brewing (Korporatief: 2007–2008)
- Power of 10 (M-Net: 2008)
Afsterwe
In Februarie 2022 is Pilgrim weer met kanker gediagnoseer, hierdie keer stadium 4 longkanker. Hy is op 5 Maart 2023 in die ouderdom van 53 oorlede.[7]
Verwysings
- "94.5 KFM - Presenters - Mark Pilgrim". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2014. Besoek op 29 Junie 2014.
- "Pilgrim axed from 5fm". News24. Besoek op 11 Januarie 2018.
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 9 Maart 2023.
- "94.7 Highveld Stereo - Shows - KIA Take 40 SA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2014. Besoek op 1 Julie 2014.
- "Join us as we bid Mark Pilgrim farewell". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2014. Besoek op 28 Junie 2014.
- "2015 MTN Radio Awards winners announced". bizcommunity.com (in Engels). Besoek op 11 Januarie 2018.
- McKay, Bronwyn. "Veteran radio and TV presenter Mark Pilgrim, 53, has died". New24 Life (in Engels (VSA)). Besoek op 5 Maart 2023.