Marite
Marite is 'n nedersetting in die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika.
Marite | |
---|---|
Marite Marite se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 24°58′8″S 31°7′8″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Bosbokrand |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,18 km2 (2,77 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 8 657 |
• Digtheid | 1 206/km2 (3 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 98.7% |
Taal (2011) | |
• Swazi | 35.9% |
• Zoeloe | 25.7% |
• Sotho | 16.8% |
• Tsonga | 9.4% |
• Ander | 12.2% |
Poskode (strate) | 1284 |
Skakelkode | 013 |
Dit is noord van Hazyview, op pad na Bosbokrand geleë.
Geweldsmisdaad, twee doodgeskiet
Op 9 Augustus 2020 is daar berig dat 'n groep begrafnisgangers 'n partytjie na die begrafnis ('n sg. "after-tears") op Marite se sportterrein gehou het. Dinge het handuit geruk, motors is in sirkels gejaag en geweerskote is lukraak afgevuur. Die plaaslike polisie is ontbied en 'n oor-en-weer skietery het uitgebreek. Twee persone is doodgeskiet en 11 is in hegtenis geneem weens die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.[2]
Die Provinsiale Polisiekommissaris, lt-genl. Zuma, het die voorval en die verdagtes se optrede ten sterkste veroordeel. Hy het ook versoek dat die publiek die Covid-19-inperkingsregulasies moet gehoorsaam, en nie wetteloos optree nie.[2]
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Marite". Sensus 2011.
- Strydom, Nico (9 Augustus 2020). "Partytjie na begrafnis: Twee dood, 11 vas". Maroela Media Daaglikse Nuusbrief. Pretoria. Besoek op 10 Augustus 2020.