Marionwalvisvoël
Die Marionwalvisvoël (Pachyptila salvini) is 'n walvisvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 26 – 29 cm groot en weeg 120 - 200 g met 'n vlerkspan van 54 - 64 sentimeter. Die voël is in grootte en kleur tussen die Breëbekwalvisvoël en Antarktiese walvisvoël. Daar is vyf miljoen pare wat broei op Prins Eduard-eiland en die Crozeteilande. In Engels staan die voël bekend as Salvin's prion.
Marionwalvisvoël | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. salvini |
Binomiale naam | |
Pachyptila salvini (Mathews, 1912)[1] | |
Subspesies | |
P. salvini salvini (Mathews, 1912)[1] |
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
- BirdLife International (2009)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.