Marico-ghieliemientjie
Die Marico-ghieliemientjie (Barbus motebensis) is 'n varswatervis wat voorkom in Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga. In Engels staan dit bekend as die Marico barb.
Marico-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. motebensis |
Binomiale naam | |
Barbus motebensis Steindachner, 1894 | |
Voorkoms
Kleurgewys lyk die vis baie soos die Dikkop-ghieliemientjie. Die enigste verskil is dat broeiende mannetjies tuberkels op die snoet ontwikkel. Daar is twee pare baarde by die mond en die vis word tot 80 mm lank.
Verspreiding
Die vis kom voor in die kleiner systakke van die Marico-, Krokodil- en Steelpoortrivier. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Algemeen
Die vis is geskik vir kouewater-akwariums en visdammetjies.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.