Maria Oeljanowa

Maria Aleksandrowna Oeljanowa (gebore Maria Aleksandrowna Blank) (Russies: Мария Александровна Ульянова; 6 Maart [O.S. 22 Februarie] 183525 Julie [O.S. 13 Julie] 1916) was die ma van die Bolsjewisteleier en stigter van die Sowjetunie, Wladimir Lenin.

Maria Aleksandrowna Oeljanowa.

Haar pa was ’n Joodse dokter wat hom later tot die Ortodokse geloof bekeer het. Sy was een van ses kinders. Sy is tuis onderrig in Duits, Frans, Engels en Russiese en Westerse letterkunde. In 1863 het sy ’n onderwysgraad gekry.

Sy is met Ilja Nikolajewitsj Oeljanof, ook ’n onderwyser, getroud en hulle het eers in Penza en toe Nizjni Nowgorod gewoon. Haar man het ook meteorologiese waarnemings gedoen en verskeie wetenskaplike boeke daaroor geskryf.

In 1869 is hy aangestel as inspekteur van skole in die Simbirsk-provinsie en in 1874 as direkteur van skole. Hy het ook ’n adellike titel, "Sy Eksellensie", en die Orde van St. Wladimir, 3de Klas gekry.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Ilya Ulyanov
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.