Margaret Thatcher
Margaret Hilda Thatcher, Barones Thatcher (13 Oktober 1925 in Grantham, Lincolnshire – 8 April 2013 in Londen) was die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 1979 tot 1990 en die leier van die Britse Konserwatiewe Party van 1975 tot 1990. Sy was die eerste en tot dusver enigste vrou wat hierdie posisie beklee het en het tydens haar bewind bekend geword as Die Ystervrou.
Margaret Thatcher | |
Ampstermyn 4 Mei 1979 – 28 November 1990 | |
Vise | William Whitelaw Geoffrey Howe |
---|---|
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | James Callaghan |
Opgevolg deur | John Major |
Leier van die Opposisie | |
Ampstermyn 11 Februarie 1975 – 4 Mei 1979 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | Harold Wilson James Callaghan |
Voorafgegaan deur | Edward Heath |
Opgevolg deur | James Callaghan |
Leier van die Konserwatiewe Party | |
Ampstermyn 11 Februarie 1975 – 28 November 1990 | |
Voorafgegaan deur | Edward Heath |
Opgevolg deur | John Major |
Staatsekretaris vir Onderwys en Wetenskap | |
Ampstermyn 20 Junie 1970 – 4 Maart 1974 | |
Eerste minister | Edward Heath |
Voorafgegaan deur | Edward Short |
Opgevolg deur | Reginald Prentice |
Lid van die Parlement vir Finchley | |
Ampstermyn 8 Oktober 1959 – 9 April 1992 | |
Voorafgegaan deur | John Crowder |
Opgevolg deur | Hartley Booth |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 13 Oktober 1925 Grantham, Engeland |
Sterf | 8 April 2013 (op 87) Londen, Engeland |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Denis Thatcher |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Somerville College, Oxford Inns of Court |
Religie | Metodisme (1925–1951) Kerk van Engeland (1951–2013) |
Thatcher is in Engeland, gebore. Sy het chemie aan die Somerville Kollege in Oxford gestudeer en is later as advokaat opgelei. In 1959 het sy 'n setel in die Britse algemene verkiesing van 1959 gewen en 'n parlementslid vir die Londense voorstad Finchley geword. Na die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing weer in 1970 gewen het, het die toenmalige eerste minister, Edward Heath, haar as die Staatsekretaris vir Onderrig en Wetenskap aangewys. Vier jaar later het Thatcher vir Keith Joseph ondersteun in sy poging om die leier van die Konserwatiewe Party te word. Joseph was egter geforseer om uit die Konserwatiewe Party se leierskapsverkiesing van 1975 te onttrek; Thatcher het besluit om haarself as kandidaat beskikbaar te stel en is na die verkiesing as die nuwe leier van die Party aangewys. Met die volgende nasionale verkiesing het die Konserwatiewe Party 'n oorwinning behaal en is Thatcher as Eerste Minister aangewys.
In die inleiding tot haar 1979-manifes het sy geskryf oor "'n gevoel van hulpeloosheid, dat 'n eens groot nasie op een of ander manier agtergeraak het".[1] Sy het by Downingstraat 10 ingestap met 'n vaste voorneme om 'n ommekeer teweeg te bring in wat sy as 'n nasionale afname gesien het, gekarakteriseer deur 'n kombinasie van hoë inflasie, hoë werkloosheidsyfers en stagnerende of stadige groei. Haar politiese filosofie en ekonomiese beleid het nadruk gelê op deregulasie (veral in die finansiële sektor), buigbare arbeidsmarkte en die verkoop van besighede in staatsbesit. Die hoë werkloosheidsyfer en 'n nasionale resessie het 'n afname in haar gewildheid beteken, alhoewel die daaropvolgende ekonomiese herstel en die Falklandoorlog in 1982 haar hernieude ondersteuning gebring het. Sy is herverkies in die 1983-verkiesing.
Thatcher het 'n ontoegeeflike houding teenoor vakbonde gehad, 'n sluipmoordaanval oorleef en die Sowjetunie teëgesit. Met die 1987-verkiesing is sy vir 'n derde termyn verkies, maar die volgende jare het moeilik verloop: haar kopbelastingplan was uiters ongewild en haar mede-kabinetslede het nie haar sienings oor die Europese Unie gedeel nie. In 1990 het Michael Heseltine haar posisie as leier van die Konserwatiewe Party uitgedaag en Thatcher het besluit om te bedank.
Haar ampstermyn as Eerste Minister was die langste sedert dié van Lord Salisbury en die langste aaneenlopende sedert Lord Liverpool in die 19de eeu.[2] Sy was die eerste vrou wat 'n groot politieke party in die Verenigde Koninkryk gelei het en die eerste van slegs drie vroue wat enige van die vier hoogste staatsposisies van die Britse staat beklee het. Sy is tot die adel verhef as Barones Thatcher van Kesteven in die Graafskap Lincolnshire, en het sodoende 'n lewenslange lid van die Britse Hoërhuis geword.
Bronnelys en verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Margaret Thatcher.
- Oorspronklike Engelse aanhaling: "a feeling of helplessness, that a once great nation has somehow fallen behind." Uit: Thatcher, Margaret (2001). "Conservative Party Manifesto 1979" (in Engels). politicalstuff.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 28 Julie 2009.
- HM Government. "Margaret Thatcher, 10 Downing Street" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 5 Januarie 2008.
Voorafgegaan deur James Callaghan (Arbeidersparty) |
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (Konserwatiewe Party) 1979 - 1990 |
Opgevolg deur John Major (Konserwatiewe Party) |