Marchand
Marchand is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is 10 km stroomaf langs die Oranjerivier vanaf Kakamas. Die R359-streekroete gaan deur die dorp.
Marchand | |
---|---|
Marchand Marchand se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 28°43′S 20°30′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | ZF Mgcawu |
Munisipaliteit | Kai !Garib |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,45 km2 (1,72 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 222 |
• Digtheid | 724/km2 (1 880/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 63.2% |
• Swart mense | 15.4% |
• Ander | 12.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 75.5% |
• Tswana | 20.1% |
• Xhosa | 1.7% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 8873 |
Skakelkode | 054 |
Geskiedenis
Die dorpie is vernoem na ds BPJ Marchand, predikant van die NG Gemeente te Knysna. Hy het reeds vanaf 1886 begin met 'n veldtog vir hulp aan armlastige mense wat op die besproeiingsnedersetting by Kakamas uitgeloop het.
Omgewing
Die belangrikste ekonomiese bedrywigheid is droë vrugte; sultanas en rosyne word van hier uitgevoer. Baie halfedelstene soos rooskwarts, tieroog, agaat, jaspis, granaat, toermalyn en ametis word in die omgewing gevind.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Marchand". Sensus 2011.
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.