Marakele- Nasionale Park
Die Marakele- Nasionale Park is geleë in Limpopo, 15 km noordoos van Thabazimbi. Die park is 67 000 ha groot. Die dorp Matlabas is langs die park geleë.
Marakele- Nasionale Park | |
---|---|
Uitsig vanaf Waterberg in die Marakele- Nasionale Park | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Naaste dorp | Thabazimbi |
Marakele- Nasionale Park |
|
Koördinate: 24°23′20″S 27°37′0″O | |
Oppervlak | 67 000 ha |
Openingsjaar | 1994 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Marakele- Nasionale Park |
Geskiedenis
Die park het aanvanklik ontstaan as die Kransberg Nasionale Park in 1994 maar is later vergroot en hernoem as Marakele.
Soogdiere
Hier is ook 'n groot verskeidenheid voëls om waar te neem.
Plantelewe
Daar kom verskeie boom- en proteaspesies in die park voor.
Bome
- Acacia erioloba (Kameeldoring)
- Acacia tortilis
(Haak-en-Steek) - Acacia mellifera (Swarthaak)
- Ziziphus mucronata (Blinkblaar-wag-'n-bietjie)
Huisvesting
Twee tentkampe is aangelê in Marakele, naamlik Tlopi en Bontle. Volgens SANParke se webblad word daar tussen April en September 2013 nog 8 tenteenhede aangebou by Bontle, maar die kampterrein sal steeds oop wees vir besoekers.
Bron
- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.