Maraboe

Die maraboe (Leptoptilos crumeniferus) is 'n groot waadvoël in die familie van ooievaars (Ciconiidae). Hulle broei in Afrika suid van die Sahara, in nat en droë habitatte, dikwels naby menslike bewoning, veral ashope. Hulle word soms "begrafnisondernemer-voëls" genoem as gevolg van hul vorm van agter: swart mantelagtige vlerke, wit bene en soms met 'n klossie wit hare op die kop.

'n Maraboe
Maraboes
'n Maraboe in vlug

Maraboe
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Ciconiidae
Genus:
Leptoptilos
Spesie:
L. crumeniferus
Binomiale naam
Leptoptilos crumeniferus
(Lesson, 1831)
Sinonieme

Leptoptilos crumeniferus

Identifikasie

'n Groot swart-wit ooievaar met veerlose kop en nek, afgetrek tussen sy skouers; hy het 'n pienk keelsak.

Habitat

Die veld en die bosveld in die noorde van Suid-Afrika; besoek die Krugerwildtuin af en toe.

Verspreiding

Die noordelike deel van Suid-Afrika.

Leefwyse

Dit is 'n aasvreter; daarom het hy 'n bles kop en nek.

Ander name

  • Engels: Marabou Stork
  • Wetenskaplike naam: Leptoptilos crumeniferus

Sien ook

Bronnelys

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.