Mara
Mara is 'n klein nedersetting in Limpopo, Suid-Afrika. Die dorpie is 30 km wes van Louis Trichardt op die R522-streeksroete. Die naam is afgelei van die Bybelse woord wat 'bitter water' beteken (Eksodus 15:23) na aanleiding van die bitter water wat in die omgewing gevind word. Die Maraproefplaas is hier naby waar prof. J.C. Bonsma die Bonsmarabeesras ontwikkel het. Vivo en Buysdorp is wes van Mara.
Mara | |
---|---|
![]() ![]() Mara | |
Koördinate: 23°6′0″S 29°24′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Limpopo |
Distriksmunisipaliteit | Vhembe |
Plaaslike Munisipaliteit | Makhado |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Sien ook
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.