Mapungubwe- Nasionale Park
Die Mapungubwe- Nasionale Park is in 1995 gestig om die area rondom die geskiedkundige Vhembe Dongola of Mapungubwe te bewaar. Mapungubwe beteken plek van die jakkals. Dié park is in die noordelike deel van die Limpopoprovinsie geleë en is 28 000 ha groot. Die naaste dorpe is Musina (voorheen Messina), 90 km oos van die park en Alldays, 58 km suidwaarts. Die hoogte bo seevlak wissel van 300 tot 780 m. Die grenspos Pontdrif is net wes van die park.
Mapungubwe- Nasionale Park | |
---|---|
![]() | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Naaste dorp | Alldays |
![]() ![]() Mapungubwe- Nasionale Park |
|
Koördinate: 22°15′0″S 29°12′0″O | |
Oppervlak | 28 000 ha |
Openingsjaar | 1995 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Mapungubwe- Nasionale Park |
Besienswaardighede
Die vernaamste besienswaardighede in Mapungubwe is die volgende:
- Die verlore stad: 'n Afrikabeskawing het hier gewoon tussen 1200 en 1270. Kunsskatte soos die goue renoster is hier gevind.
- Soogdiere: die Groot Vyf kan hier besigtig word.
- Landskap: Sandsteenformasies, mopanie-bosveld en rivierwoud word in die park aangetref.
- Oorgrenspark: 'n ooreenkoms is met Botswana en Zimbabwe onderteken om 'n oorgrensbewaararea te vestig.
- Mapungubwe-koppie van die noordekant gesien.
- Links Botswana, regs Zimbabwe. Samevloeiing van die Limpopo- en Shashe-riviere.
- Sandsteenrotse in die park.
- Plankstaproete in die park.
Bron

Die Mapungubwe-koppie.
- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.