Manishtushu
Manishtushu (Akkadies: π ππ π π’, Ma-an-ish-tu-su)[1] of Manisjtoesjoe was die derde koning van die Akkadiese Ryk. Hy het van omstreeks 2270 v.C.[2] regeer tot omstreeks 2255 v.C., toe hy in βn sluipmoordaanval dood is.[3] Hy was die seun van Sargon die Grote, die stigter van die Akkadiese Ryk, en is deur sy seun, Naram-Sin, opgevolg.
Manishtushu π ππ π π’ | |
---|---|
Koning van Akkad, koning van Sumer | |
βn Standbeeld van Manishtushu. | |
Dinastie | Huis van Sargon |
Bewind | c. 2270-2255 v.C. |
Voorganger | Rimush |
Opvolger | Naram-Sin |
Kinders | Naram-Sin |
Vader | Sargon |
Hy het sy broer, Rimush, in omstreeks 2270 v.C. opgevolg nadat diΓ© ook in βn sluipmoordaanval dood is. Manishtushu het nie te doen gekry met die rebellies van sy broer se bewind nie en het veldtogte na verre lande gelei. Volgens een van sy inskripsies het hy βn vloot op die Persiese Golf aangevoer waar 32 konings saamgespan het om teen hom te veg. Manishtushu het geseΓ«vier en het hulle stede en silwermyne geplunder.[4]
Hy het ook βn vloot met die Tigris langs gelei wat eindelik met 37 ander nasies handel gedryf het, die stad Shirasum in Elam verower en die vernietigde tempel van die godin Inanna in Nineve omstreeks 2260 v.C. herbou.
Verwysings
- "Mace head of Manishtusu". British Museum.
- Middelchronologie
- "Obelisk". The Louvre. Besoek op 17 Mei 2016.
- Samuel Noah Kramer (17 September 2010). The Sumerians: Their History, Culture, and Character. University of Chicago Press. ISBN 978-0-226-45238-8.
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Manishtushu.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.