Meitei
Meitei (ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ), ook Manipuri genoem, is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noordoos-Indië, Bangladesj en Mianmar gepraat word. Meitei is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Meitei word met die Meitei-alfabet, die Oostelike Nagari-alfabet of die Latynse alfabet geskryf. Dit is die amptelike taal van die deelstaat Manipur en staan vir amptelike doeleindes as Manipuri bekend. Daarbenewens word Meitei in die aangrensende deelstate Assam en Tripura gepraat.
Meitei, Manipuri ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj Mianmar | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaans Meitei, Manipuri | |
Skrifstelsel: | Meitei-alfabet, Oostelike Nagari-alfabet, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mni | |
ISO 639-3: | mni | |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Meitei". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 25 Augustus 2018.
- (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meitei.
- (en) "Manipuri language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.