Manaus
Manaus (Portugees: [mɐˈnaws, mɐˈnawʃ, maˈnaws]) is 'n stad in die noorde van Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Amazonas. Die stad het 'n bevolking van 2 219 580 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 11 401,058 km². Die stad is 'n algemene vertrekpunt vir toeriste wat die Amasonerivierbeken en die omliggende reënwoud besoek. Omtrent 50% van die bevolking in Amazonas woon in die stad. Manaus is net wes van die monding van die Rio Negro in die Amesonerivier geleë. Manaus se Arena da Amazônia is tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 en Olimpiese Somerspele 2016 vir wedstryde ingespan.
Manaus | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | Amazonas |
Koördinate | 3°6′S 60°1′W |
Gestig op | 24 Oktober 1669 |
Bynaam | A Paris dos Trópicos |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 11 401,058 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 92 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 2 219 580 |
- Bevolkingsdigtheid | 191,45/vk km |
Tydsone | UTC -4 (AMT) |
Burgemeester | David Almeida (Avante) |
Amptelike Webwerf | manaus.am.gov.br |
Verwysings
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Manaus.
- (en) Toerisme-inligting oor Manaus op Wikivoyage
- (pt) Amptelike webwerf
Hoofstede van Brasilië | ||||
---|---|---|---|---|
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.