Malvaceae
Malvaceae is die hibiskus- en katoenfamilie wat hoort tot die orde Malvales. Die bekendste en ekonomies belangrikste spesie van die familie is die wildekatoen (Gossypium herbaceum). Daar is 2300 spesies wat behoort tot die familie. Daarvan kom 280 plaaslik voor waarvan 50 bome is.
Malvaceae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Malvaceae Juss. |
Subfamilies | |
Bombacoideae |
In Suid-Afrika is die bekendste spesies die tuinstruik genus Hibiskus wat uit die Verre Ooste ingevoer is. Slegs een spesie van die genus Hibiscus word 'n klein boompie.
Die Kremetart, genus Adansonia, hoort ook tot die familie.
Kenmerke
Plante van die familie het enkelvoudige en gelobde blare wat drie- tot sewe-arig is vanuit die basis. Die blomme is helder en aanskoulik en verander dikwels van kleur namate hulle volwasse raak. Daar steek 'n meeldraadbuis voor by die blom uit.
Boom Spesies
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Afrikasterkastaiing (Sterculia africana)
- Bosrosyntjie (Grewia lasiocarpa)
- Gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia)
- Gladdeblompeer (Dombeya cymosa)
- Gladdekola (Cola natalensis)
- Kruisbessie (Grewia occidentalis)
- Kuskatoenboom (Hibiscus tiliaceus)
- Laeveldsterkastaiïng (Sterculia murex)
- Malvarosyntjie (Grewia villosa)
- Pienkblompeer (Dombeya burgessia)
- Reuserosyntjie (Grewia hexamita)
- Rosyntjiebos (Grewia flava)
- Skurweblaarrosyntjie (Grewia flavescens)
- Sterkastaiing (Sterculia rogersii)
- Vaalrosyntjie (Grewia monticola)
Spesies in ander lande:
- Kapokboom (Ceiba pentandra)
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Malvaceae. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1