Majorka

Majorka (Katalaans: Mallorca [məˈʎɔrkə]; Spaans: Mallorca [maˈʎorka]; vanaf Latyn: Insula Maior "groter eiland", later Maiorica "die groter een", in vergelyking met Menorca "die kleiner een") is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 160 km van die ooskus van Spanje en het 'n oppervlakte van 3 640,11 km². Die hoofstad en grootste stad is Palma de Mallorca, sowel van die eiland as van die provinsie Baleariese Eilande.

Majorka
Inheemse naam: Mallorca
Nasa-Satellietbeeld van Majorka
Nasa-Satellietbeeld van Majorka
Geografie
LiggingSpanje, Baleariese Eilande, Middellandse See
Koördinate39°37′N 2°59′O
ArgipelBaleariese Eilande
Totale eilande5
HoofeilandeBaleariese Eilande
Oppervlakte3 640,11 vk. km
Hoogste puntPuig Major 1 445 m
Administrasie
Vlag van Spanje Spanje
Outonome gewes Baleariese Eilande

HoofstadPalma de Mallorca
Grootste stadPalma de Mallorca (404 681)

Demografie
Bevolking869 067
BevolkingsgroepeSpanjaarde, Katalane
Grootste van die Baleariese Eilande

Geografie

Daar is twee bergreekse aan weerskante van die eiland, parallel met mekaar, wat van suidwes na noordoos strek. Tussen die bergreekse is 'n vrugbare vlakte.

Ekonomie

Die ekonomie bestaan uit vissery en boerdery. Die eiland is ook bekend vir sy muskadel- en montana-wyne.

Sien ook

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 15, Bladsy 284.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.