Malalane
Malalane is 'n klein dorp in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die vorige naam Malelane is in 2007 amptelik verander na Malalane; afgelei van Swazi eMlalani vir "palmplek" of lala vir "slaap". Die N4-nasionale pad gaan deur die dorp. Malalane lê aan die suide-oewer van die Krokodilrivier wat die Krugerwildtuin se suidelike grens vorm, en is ongeveer 40 km noord van Eswatini geleë.
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Mpumalanga. Vir ander gebruike, sien Malalane (dubbelsinnig).
Malalane (voorheen Malelane) | |
---|---|
'n Straattoneel in Malalane | |
Malalane Malalane se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 25°29′S 31°31′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Stigting | 1949 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,94 km2 (1,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 486 |
• Digtheid | 1 186/km2 (3 070/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 43,2% |
• Indiërs/Asiërs | 10,7% |
• Bruin mense | 2,6% |
• Swart mense | 43,3% |
• Ander | 0,3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 41,2% |
• Swazi | 25,6% |
• Engels | 17,9% |
• Tsonga | 3,4% |
• Ander | 11,8% |
Poskode (strate) | 1320 |
Poskode (posbusse) | 1320 |
Skakelkode | 013 |
Geskiedenis
Kaptein G.J. (Mkonto) Elphick was een van die vroegste pioniers van die area. Na sy deelname aan die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) koop hy die ou Malelaneplaas, waar hy suksesvol katoen, lemoene, papajas, mango's en tamaties produseer. Elphic vestig ook die eerste winkel in die Malelane-omgewing.[2] Die dorp is in Julie 1949 op die plaas Malelane geproklameer. Die naam is 'n vervorming van die Swazi-uitdrukking emlalani (die plek van die lalapalms).
Distrik
Daar word suikerriet, subtropiese vrugte en wintergroente in die distrik verbou. Daar is 'n toegangshek na die Krugerwildtuin naby die dorp.
Sien ook
Bron
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
- "Hoofplek Malalane". Sensus 2011.
- Bakkes, Marius: Corridor Gazette, 14 Januarie 2016
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malalane.