Malebo-poel

Die Malebo-poel (tot 1972 bekend as die Stanley-poel) is 'n groot meer met 'n hawe in die Kongorivier.

Malebo-poel

Nasa-Satellietbeeld van Brazzaville, Kinshasa en die Malebo-poel in die Kongorivier

Kaart van die Malebo-poel
Koördinate:4°16′55″S 15°29′19″O
Ligging:Demokratiese Republiek die Kongo, Republiek die Kongo
Soort:Rivierverbreding
Oppervlakte:400 km²
Maksimum diepte:16 meter
Lengte:30 km
Breedte:21 km
Invloei:Kongorivier
Uitvloei:Kongorivier
Eiland/e:Ile M’Bamou
Nedersettings:Brazzaville en Kinshasa

Ligging

Op die noordwestelike oewer van die meer lê Brazzaville en op die suidwestelike oewer Kinshasa. Die meer is nagenoeg 400 km² groot, het 'n maksimum diepte van 16 m, lê 274 m bo seevlak en is 560 km van die rivier se mond. In die meer lê die Ile M’Bamou (Mbamu, Mbamou) van 180 km².

Bevaarbaarheid

Die Kongoriver is uit die binneland van Afrika vanaf hawens by Mbandaka, Kisangani en Bangui tot by die Malebo-poel bevaarbaar. Stroomversnellings bekend as die Livingstone-watervalle deur die Kristalberge (Monts de Cristal, 'n reeks laeheuwels wat strek van Ekwatoriaal-Guinee tot Angola en ewewydig aan die Atlantiese Oseaan) verhoed verdere skeepvaart na die see. By die Malebo-poel word goedere oorgelaai op die Matadi-Kinshasa-trein (gebou in 1890–1898) en verder vervoer na die rivierhawens Matadi, Boma en Banana.

Naam

Die Stanley-poel is vernoem na Henry Morton Stanley.

Trivia

Brazzaville en Kinshasa is blykbaar van alle hoofstede in die wêreld die wat die naaste aanmekaar lê.

Bibliografie

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malebo-poel.
  • Ensiklopedie van die Wêreld, deel 9. Stellenbosch: Albertyn, 1992. ISBN 0-949948-23-3
  • Green, Lawrence G.: Old Africa Untamed. Kaapstad: Howard Timmins,1974. ISBN 0-86978-080-8
  • Green, Lawrence G.: Under a sky like flame. Kaapstad: Howard Timmins, 1954.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.