Malabar-klipkabeljou
Die malabar-klipkabeljou (Epinephelus malabaricus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Malabar rockcod.
Malabar-klipkabeljou | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Epinephelus |
Spesie: | E. malabaricus |
Binomiale naam | |
Epinephelus malabaricus Forsskål, 1775 | |
Voorkoms
Die vis se kop en lyf is grys tot bruin van kleur en daar is gewoonlik vyf donkerder vertikale breë strepe oor die lyf. Die lyf is ook bedeel met swart kolletjies en onreëlmatige wit vlekke. Soos die vis verouder verdwyn die strepe en vlekke en die swart kolletjies neem toe. Die vis word 1.2 m lank en weeg dan 25 kg.
Habitat
Die vis leef in koraal- en rots riwwe, getypoele, riviermondings tot op dieptes van 150 m en vreet vis, skaaldiere en somtyds seekatte ook. Die wyfies skiet kuit van Augustus tot Oktober.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.