Majaphutibrug

Die Majaphutibrug is op die R726-streeksroete oor die Oranjerivier.

Hierdie enkelbaan-staalbrug is naby die nedersetting Walaza tussen Sterkspruit in die Oos-Kaap en Zastron in die Vrystaat. Dit is by die koördinate 30°24′19″S 27°20′16″O en net suidwes van waar die Kornetspruit (Makhalengrivier) in die Oranje vloei, wat dan ook die grenspunt is tussen Lesotho, die Vrystaat en die Oos-Kaap.

Sien ook

Ligging van die Majaphutibrug
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.