Mainau

Die eiland Mainau is met 'n oppervlakte van 45 hektaar die derde grootste eiland in die Bodenmeer. Die eiland, wat uit molassekalkrotse gevorm is, is in die noordwestelike gedeelte van die Bodenmeer, die Überlinger See, geleë. 'n Brug verbind die suidoewer van die Überlinger See met die eiland, wat daarnaas ook oor 'n pier beskik. Die grootste stede in die omgewing is Konstanz, Meersburg en Überlingen.

Mainau
Bynaam: Blumeninsel im Bodensee
Die blommeprag van Mainau is aan die milde Bodenmeer-klimaat te danke
Die blommeprag van Mainau is aan die milde Bodenmeer-klimaat te danke
Geografie
LiggingBodenmeer, Baden-Württemberg

Oppervlakte45 hektaar
Hoogste puntSchlosshügel 425 m
Administrasie
Vlag van Duitsland Duitsland
DeelstaatBaden-Württemberg

HoofstadKonstanz-Mainau
Grootste stadKonstanz

Demografie
Bevolking185

Die eiland maak in administratiewe opsig deel uit van Konstanz se stadsdeel Litzelstetten-Mainau, maar is in besit van die Bernadottes, 'n adellike familie van Sweedse afkoms. Lennart Bernadotte, graaf van Wisborg (1909-2004) het Mainau tot 'n botaniese tuin en gewilde toeristetrekpleister omgeskep. Die eiland is daarnaas langs die sogenaamde Opper-Swabiese Barokroete (Duits: Oberschwäbische Barockstraße) geleë.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.