Maiao
Maiao is ’n eilandformasie van 8,8 km2 en is geleë 78 km suidwes van Moorea. Dit is een van die Bowindse Eilande van Frans-Polinesië.
Maiao Inheemse naam: Mai'ao | |
---|---|
’n Nasa-foto van Maiao. | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan |
Koördinate | 17°39′S 150°38′W |
Argipel | Geselskapseilande |
Totale eilande | 2 |
Hoofeilande | Maiao |
Hoogste punt | 154 m |
Administrasie | |
Sien teks. | |
Oorsese gebied | Frans-Polinesië
|
Demografie | |
Bevolking | 299[1]
|
Geografie
Die formasie bestaan uit ’n vulkaaneiland, met ’n hoogste punt van 154 m, en ’n koraalrifeiland. Die formasie sluit twee strandmere met ’n hoë soutinhoud, Roto Iti en Roto Rahi, in. Die eiland het ook ’n strandmeer aan die kant.
Al die lagunes word deur smal kanale verbind. Daar woon sowat 299 mense (2007-sensus).
Administrasie
Administratief is die eiland deel van die Franse munisipaliteit Moorea-Maiao, wat weer val in die administratiewe onderafdeling Bowindse Eilande.
Verwysings
- Institut Statistique de Polynésie Française (ISPF). "TABLEAU II Population des communes et communes associées de Polynésie française" (PDF) (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Oktober 2014. Besoek op 2 Desember 2007.
- Maiao op die Wayback Machine (geargiveer Desember 23, 2010) by Oceandots.com (URL besoek op 22 Junie 2006)
- Lesser known Society Islands Geargiveer 1 November 2006 op Wayback Machine at colonialvoyage.com (URL besoek op 22 Oktober 2006)] (met foto)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.