Magnesium-25
Magnesium-25 (chemiese notasie: 2512Mg) is 'n stabiele isotoop van magnesium. Dit is 'n taamlik seldsame isotoop.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Magnesium-25 | |||||||||||||||
Protone | 12 | |||||||||||||||
Neutrone | 13 | |||||||||||||||
Kernspin | 5/2+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -13192,3 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel[1] | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 10,00%[1] | |||||||||||||||
Neutrondiffraksie | ||||||||||||||||
koh. lengte | 3,62 fm | |||||||||||||||
inkoh. lengte | 1.48 fm | |||||||||||||||
koh. deursnee | 1,65 barn | |||||||||||||||
inkoh. deursnee | 0,28 barn | |||||||||||||||
absorpsiedeurnee[2] | 0,19 barn | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
KMR
Dit is die enigste magnesiumisotoop wat vir kernspinresonansie gebruik kan word. Omdat dit 'n kwadrupool besit is die resonansiepieke taamlik breed, veral indien die kern se omgewing min simmetrie besit. Die gevoeligheid by natuurlike aanwesigheid is slegs 2,68x10-4 relatief ten opsigte van die proton s'n, of effens beter as 13C s'n. Mg-KMR word hoofsaaklik gebruik om relaksasietye te meet en daarmee binding van magnesium aan biologiese substrate te bestudeer.[3]
Verwysings
- The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G. Audi, O. Bersillon, J. Blachot, A.H. Wapstra IUPAC
- Vir neutrone met snelheid 2200 m/s
- Hebreeuse universiteit van Jerusalem
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.