Maggie Smith
Dame Margaret Natalie "Maggie" Smith, CH, DBE (geb. 28 Desember 1934)[2] is ’n Britse aktrise. Sy het in 1952 haar verhoogdebuut gemaak en het oor meer as 60 jaar ’n uitgebreide loopbaan op die verhoog, in rolprente en op televisie gehad. Sy het in meer as 50 rolprente verskyn en is een van Brittanje se mees erkenbare aktrises.
Dame Maggie Smith | |
Smith in Maart 2007 met die verfilming van Capturing Mary. | |
Geboortenaam | Margaret Natalie Smith |
---|---|
Geboorte | 28 Desember 1934 Romford, Essex, Engeland[1] |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1952–tans |
Toekennings | CH, DBE |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy het in 1990 ’n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste,[3] en in 2014 lid van die Orde van die Broeders van Eer (CH) vir haar bydrae tot drama.[4]
Vroeë lewe
Smith is in Romford in Essex gebore, maar het saam met haar ouers na Oxford verhuis toe sy vier jaar oud was. Sy is die dogter van Nathaniel Smith, ’n patoloog aan die Oxford-universiteit, en Margaret Hutton, ’n sekretaresse.[5][6][7][8]
As kind het haar ouers vir haar die romantiese verhaal vertel van hoe hulle op ’n trein van Glasgow na London via Newcastle ontmoet het. Sy het ouer tweelingbroers, Alistair en Ian, wat argitektuur bestudeer het. Op 16 het sy toneel aan die Oxford Playhouse bestudeer.[9]
Loopbaan
Smith het haar loopbaan in 1952 op die verhoog van die Oxford Playhouse begin in New Faces of '56. Sy het sedertdien talle pryse gewen vir haar werk op die Londense verhoë, onder meer ’n rekord van vyf Evening Standard-pryse. In New York-stad het sy Tony-benoemings gekry vir Private Lives (1975), Night and Day (1979) en Lettice and Lovage (1990). Vir laasgenoemde het sy die 1990-Tony vir beste aktrise in ’n toneelstuk gewen. Ander verhoogrolle was in onder meer Antony and Cleopatra (1976), Macbeth (1978), A Delicate Balance (1997) en The Breath of Life (2002).
Op die skerm het sy eerste lof gekry vir haar spel in die misdaadprent Nowhere to Go (1958), waarvoor sy haar eerste Bafta-benoeming gekry het.[10] Vir haar vertolking in 1965 van Desdemona in Shakespeare se Othello het sy haar eerste Oscar-[11] en ’n Golden Globe-benoeming gekry.
Smith het al twee Oscars gewen – vir beste aktrise in The Prime of Miss Jean Brodie (1969) en vir beste vroulike byspeler in California Suite (1978) saam met Michael Caine. Sy is een van net ses aktrise wat al die Oscar in albei dié kategorieë gewen het.[12] Sy is ook benoem vir Travels with My Aunt (1972), A Room with a View (1986) en Gosford Park (2001). Sy het ’n rekord van vier Baftas vir beste aktrise gewen: vir The Prime of Miss Jean Brodie, A Private Function (1984), A Room with a View en The Lonely Passion of Judith Hearne (1987). Haar vyfde Bafta vir ’n spesifieke rol was in 1999 vir beste vroulike byspeler in Tea with Mussolini.
Ander noemenswaardige rolprentrolle was in Love and Pain and the Whole Damn Thing (1973), Death on the Nile (1978), Clash of the Titans (1981), Evil Under the Sun (1982), Hook (1991), Sister Act (1992), The First Wives Club (1996), The Best Exotic Marigold Hotel (2012) en as professor Minerva McGonagall in die suksesvolle Harry Potter-reeks rolprente (2001–2011). Vir Downton Abbey het sy ’n Golden Globe, twee Screen Actors Guild-pryse en twee agtereenvolgende Emmys gewen. Voorheen het sy ’n Emmy gewen vir die 2003-televisieprent My House in Umbria. In 2015 het sy groot lof gekry vir haar vertolking van Mary Shepherd in The Lady in the Van.
Benwens al haar rolprentpryse het Smith ook al verskeie erepryse gekry, onder meer nog twee Baftas: die Spesiale Prys in 1993 en die Bafta Fellowship in 1996. Sy het ook die Society of London Theatre se spesiale prys in 2011 gekry. Sy is een van die min aktrise wat al drie van die volgende pryse gewen het: ’n Oscar, Emmy, Grammy en Tony.[13][14]
In September 2012 is die Stratford Shakespeare Festival se Legacy Award aan haar toegeken.[15]
Filmografie
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1956 | Child in the House | Partytjiegas | Geen erkenning |
1958 | Nowhere to Go | Bridget Howard | |
1962 | Go to Blazes | Chantal | |
1963 | The V.I.P.s | Mej. Mead | Ook bekend as Hotel International |
1964 | The Pumpkin Eater | Philpot | |
1965 | Othello | Desdemona | Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler |
Young Cassidy | Nora | ||
1967 | The Honey Pot | Sarah Watkins | |
1968 | Hot Millions | Patty Terwilliger Smith | |
1969 | The Prime of Miss Jean Brodie | Jean Brodie | Oscar vir beste aktrise |
Oh! What a Lovely War | Musieksaalster | ||
1972 | Travels with My Aunt | Augusta Bertram | Oscar-benoeming vir beste aktrise |
1973 | Love and Pain and the Whole Damn Thing | Lila Fisher | |
1976 | Murder by Death | Dora Charleston | |
1978 | Death on the Nile | Mej. Bowers | |
California Suite | Diana Barrie | Oscar vir beste vroulike byspeler | |
1981 | Quartet | Lois Heidler | |
Clash of the Titans | Thetis | ||
1982 | Evil Under the Sun | Daphne Castle | |
The Missionary | Lady Isabel Ames | ||
1983 | Better Late Than Never | Mej. Anderson | |
1984 | A Private Function | Joyce Chilvers | |
Lily in Love | Lily Wynn | ||
1985 | A Room with a View | Charlotte Bartlett | Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler |
1987 | The Lonely Passion of Judith Hearne | Judith Hearne | |
1990 | Romeo.Juliet | Rosaline | (stem) |
1991 | Hook | Wendy Darling | |
1992 | Sister Act | Moederowerste | |
1993 | Sister Act 2: Back in the Habit | ||
The Secret Garden | Mev. Medlock | ||
1995 | Richard III | Hertogin van York | |
1996 | The First Wives Club | Gunilla Garson Goldberg | |
1997 | Washington Square | Lavinia Penniman | |
1999 | Curtain Call | Lily Marlowe | Ook bekend as It All Came True |
The Last September | Lady Myra Naylor | ||
Tea with Mussolini | Lady Hester Random | ||
2001 | Gosford Park | Constance | Oscar-benoeming vir beste vroulike byspeler |
Harry Potter and the Philosopher's Stone | Professor Minerva McGonagall | Ook bekend as Harry Potter and the Sorcerer's Stone | |
2002 | Harry Potter and the Chamber of Secrets | ||
Divine Secrets of the Ya-Ya Sisterhood | Caro Eliza Bennett | ||
2004 | Harry Potter and the Prisoner of Azkaban | Professor Minerva McGonagall | |
Ladies in Lavender | Janet Widdington | ||
2005 | Keeping Mum | Grace Hawkins | |
Harry Potter and the Goblet of Fire | Professor Minerva McGonagall | ||
2007 | Harry Potter and the Order of the Phoenix | ||
Becoming Jane | Lady Gresham | ||
2009 | Harry Potter and the Half-Blood Prince | Professor Minerva McGonagall | |
From Time to Time | Linnet Oldknow | ||
2010 | Nanny McPhee and the Big Bang | Mev. Agatha Docherty | Ook bekend as Nanny McPhee Returns |
2011 | Gnomeo & Juliet | Lady Bluebury | (stem) |
Harry Potter and the Deathly Hallows 2 | Professor Minerva McGonagall | ||
2012 | The Best Exotic Marigold Hotel | Muriel Donnelly | |
Quartet | Jean Horton | ||
2014 | My Old Lady | Mathilde Girard | |
2015 | The Second Best Exotic Marigold Hotel | Muriel Donnelly | |
The Lady in the Van | Mej. Shepherd |
Teater
|
|
Verwysings
- "Person Details for Margaret N Smith, "England and Wales Birth Registration Index, 1837-2008" — FamilySearch.org". familysearch.org (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2016.
- "Orders and decorations conferred by the crown". Debrett's. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2016. Besoek op 4 Januarie 2015.
- "Queen Honors Naipaul, Maggie Smith" (in Engels). 30 Desember 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 1 Januarie 2014.
- Davies, Emily (13 Junie 2014). "Queen makes Dame Maggie a Companion of Honour". Daily Mail (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2016. Besoek op 15 Junie 2014.
- Mackenzie, Suzie (20 November 2004). "You have to laugh". The Guardian (in Engels). UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2004. Besoek op 10 Desember 2007.
- "Maggie Smith profile at" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op 8 November 2011.
- Maggie Smith profile, Yahoo Movies; URL besoek op 21 April 2014.
- Maggie Smith biography Geargiveer 9 Desember 2012 op Wayback Machine, tiscali.co.uk; URL besoek op 21 April 2014.
- "Maggie Smith biography and filmography" (in Engels). Tribute.ca. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 7 Augustus 2013.
- "Film in 1959" (in Engels). awards.bafta.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 1 Januarie 2014.
- British, The (23 Februarie 2013). "Celebrating: Award-Winner Maggie Smith" (in Engels). The British TV Place. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Augustus 2013.
- "Academy Awards Best Actress" (in Engels). Filmsite.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 7 Augustus 2013.
- "What do Al Pacino and Maggie Smith have in common?". Goldderby.latimes.com. 9 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2013. Besoek op 7 Augustus 2013.
- Alison Croggon (10 Junie 2009). "Jewel in the triple crown" (in Engels). News.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2015. Besoek op 1 Januarie 2014.
- "Maggie Smith receives Stratford festival's Legacy Award" (10 September 2012) Toronto Star; URL besoek op 26 April 2014.
Eksterne skakels
- Maggie Smith in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maggie Smith.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia