Magellaanse Brug
Die Magellaanse Brug is ’n stroom neutrale waterstof wat die twee Magellaanse Wolke verbind.[1] Dit is in 1963 deur J.V. Hindman en ander ontdek.[2] Die brug bestaan uit hoofsaaklik gas met ’n lae metaalinhoud, maar ’n paar sterre is wel daarin ontdek.[3] Dit moenie met die Magellaanse Stroom verwar word nie; laasgenoemde verbind die Magellaanse Wolke met die Melkweg.
Verwysings
- The Magellanic System's interactive formations
- Iopscience.com
- "FUSE Observations of the Magellanic Bridge". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2007. Besoek op 10 November 2012.
- SIMBAD, "Magellanic Bridge" (URL besoek op 12 April 2010)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.