Mafdet
Mafdet was in die vroeë Egiptiese mitologie ’n godin wat die mens beskerm het teen slange, skerpioene en ander giftige diere, wat beskou is as oortreders van die maät (orde). Sy is dikwels uitgebeeld as ’n soort kat of muishond.[1] Sy kom reeds in die 1ste Dinastie in die mitologie voor.
Mafdet | ||||||||
Mafdet se kop op die bed waarop Anoebis vir Sennedjem neerlê. | ||||||||
Soort godin | Egipties | |||||||
Godin van | Beskermer teen giftige diere | |||||||
Naam in hiërogliewe | ||||||||
Ouers | Ra | |||||||
|
Sy was ook die vergoddeliking van die reg of moontlik teregstelling.[2] Verder het sy die farao se kamers en ander heilige plekke beskerm.
Verwysings
- Hierdie artikel is vertaal uit die Wikipedia
- Wilkinson, Richard H. The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. bl 196. Thames & Hudson. 2003. ISBN 0-500-05120-8
- Wilkinson, Toby A. H. Early Dynastic Egypt. bl. 251. Routledge, 1999. ISBN 0-203-20421-2
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.