Madagaskar-platkop
Die Madagaskar-platkop (Papilloculiceps longiceps) is 'n vis wat in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank voorkom. Die vis het ook die Middellandse See binnegedring deur die Suezkanaal. In Engels staan die vis bekend as die Longhead flathead.
Madagaskar-platkop | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Papilloculiceps |
Spesie: | P. longiceps |
Binomiale naam | |
Papilloculiceps longiceps Knapp, 1829 | |
Voorkoms
Die vis se lyf is 'n dowwegroen of bruin aan die bokant en wit aan die onderkant. Die kop is plat met 'n beenrif net onder die oë waarop 'n stekel is. Daar is ook kolle op die dorsale, anale en bekkenvinne. Die vis word tot 70 cm groot.
Habitat
Die vis leef op sanderige bodems naby koraalriwwe in water wat tussen 1 – 20 m diep is.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.