Maahes

Maahes (ook Mihos, Miysis, Maihes ens.) was in die Egiptiese mitologie die god van oorlog.[1] Sy naam beteken "hy wat getrou langs haar is" en hy is uitgebeeld met die kop van ’n leeu. Hy is in Benede-Egipte beskou as die seun van die godin Bastet en in Bo-Egipte van Sechmet. Sy pa was die hoofgod van die tyd: Ra, Ptah of Atoem-Ra.

Maahes
Soort god Egipties
God vanOorlog
Naam in hiërogliewe
mA
ir
Hz
zA
mAi
Kultussentrum Taremoe en Per-Bast
SimboolLeeu
OuersRa en Bastet/Sechmet
Portaal    Antieke Egipte

Benewens oorlog is Maahes verbind met die weer, messe, lotusse en die eet van gevangenes. Sy kultus was gesentreer in Taremoe en Per-Bast.

Oorsprong

Die eerste keer dat Maahes genoem is, was tydens die Nuwe Ryk. Sommige Egiptoloë glo hy as ’n invoerproduk uit die buiteland;[2] daar is wel aanduidings dat hy dieselfde kon gewees het as die leeugod Apedemak van Nubië en Egipte se westelike woestyn.

Verwysings

  1. Manfred Lurker, Dictionary of Gods and Goddesses, Devils and Demons, Routledge 1987, bl. 215, ISBN 0-7102-0877-4
  2. Walter Yust ed., Encyclopædia Britannica: A New Survey of Universal Knowledge, 1956, p.54

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.