Maagde-eilande

Die Maagde-eilande (Engels: Virgin Islands) bestaan uit die Amerikaanse Maagde-eilande, 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika, en die Britse Maagde-eilande, 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk, tussen die Karibiese See in die suide en die Atlantiese Oseaan in die noorde. Die Spaanse Maagde-eilande behoort sedert die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 aan die Amerikaanse eilandgebied Puerto Rico. Die eilande is in die weste van Anguilla en in die ooste van Puerto Rico geleë. Die Maagde-eilande het 'n bevolking van 146 508 in 2003 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 505 km². Die VS-dollar is in albei gebiede die amptelike geldeenheid.

Geografiese kaart van die Maagde-eilande
Politieke kaart van die Maagde-eilande:

 Amerikaanse Maagde-eilande

 Britse Maagde-eilande

 Spaanse Maagde-eilande (Puerto Rico)

 Puerto Rico (VSA)

Maagde-eilande
Inheemse naam: Virgin Islands
Ligging van die Maagde-eilande
Ligging van die Maagde-eilande
Geografie
LiggingAtlantiese Oseaan, Karibiese See
Koördinate18°05′N 64°50′W
ArgipelKlein-Antille

Oppervlakte505 vk km
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebiedFlag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

HoofstadRoad Town
Grootste stadRoad Town (9 400)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
EilandgebiedVlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
HoofstadCharlotte Amalie
Grootste stadCharlotte Amalie (18 914)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
EilandgebiedVlag van Puerto Rico Puerto Rico
HoofstadSan Juan
grootste stadSan Juan (395 326)

Demografie
Bevolking146 508

Die eilande is deur Christophorus Columbus op 14 November 1493 vir Europa ontdek en vir Spanje in besit geneem, maar die eilande is nie deur Spanjaarde bevolk nie. Sedert die 17de eeu was die eilande tussen Denemarke en Engeland opgedeel en sommige eilande was tydelik in Nederlandse besit. 1917 het die VSA die Deense deel vir 25 miljoen VS-dollar gekoop.

Grootste eilande

Rank Eiland Oppervlak (km²) Oppervlak (vk myl) Bevolking (2010) Administrasie
1 Saint Croix 214 82 50 601 Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
2 Vieques (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) 135 52 9 301 Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
3 Saint Thomas 80,91 31,23 51 634 Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
4 Tortola 55,7 21,5 23 908 Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande
5 Saint John 51 19,6 4 170 Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
6 Anegada 38 15 200 Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande
7 Culebra (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie) 30,1 11 1 818 Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
8 Virgin Gorda 21 8 3 000 Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

Sport

Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan elke Krieketwêreldbeker deelgeneem en die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.