Messier 110

Messier 110 of M110 (ook bekend as NGC 205) is ’n elliptiese dwergsterrestelsel, en ’n satelliet-stelsel van die Andromeda-sterrestelsel.[1] Dit bevat ’n bietjie stof en tekens van stervorming, wat ongewoon is in ’n elliptiese dwergsterrestelsel.[1]

Messier 110
Soort stelselElliptiese dwergsterrestelsel
SterrebeeldAndromeda
TipeE5 pec
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming00h 40m 22,1s
Deklinasie+41º 41' 07"
Skynmagnitude8,92
Besonderhede
Afstand (ligjaar)2,69 miljoen
Skynbare grootte 21,9 × 11 boogminute
Rooiverskuiwing -0,000804 ± 0,000010
Ander nameM110, NGC 205, PGC 002429, MCG +07-02-014, IRAS 00376+4124, LEDA 2429
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Anders as Andromeda se ander satellietstelsel, Messier 32, toon NGC 205 nie tekens van ’n supermassiewe swartkolk in sy kern nie.[2] In 1999 het Johnson en Modjaz ’n nova in M110 ontdek.[3]

Geskiedenis

Hoewel Charles Messier die sterrestelsel nooit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het nie, het hy dit saam met Messier 32 op ’n tekening van die Andromeda-sterrestelsel aangebring. Volgens ’n nota op die tekening het Messier NGC 205 op 10 Augustus 1773 die eerste keer waargeneem.[4]

M110 is in 1783 onafhanklik deur Caroline Herschel ontdek en haar broer, William Herschel, het haar ontdekking in 1785 beskryf.[4] Die voorstel om dit in die Messier-katalogus op te neem, is in 1967 deur Kenneth Glyn Jones gedoen.[5] Dit is die laaste voorwerp wat in die katalogus opgeneem is.

Verwysings

  1. A. Sandage, J. Bedke (1994). Carnegie Atlas of Galaxies. Carnegie Institution of Washington. ISBN 0-87279-667-1.
  2. Valluri, M.; Ferrarese, L.; Merritt, D.; Joseph, C.J. (2005). "The Low End of the Supermassive Black Hole Mass Function: Constraining the Mass of a Nuclear Black Hole in NGC 205 via Stellar Kinematics". Astrophysical Journal. 628 (1): 137–152. arXiv:astro-ph/0502493. Bibcode:2005ApJ...628..137V. doi:10.1086/430752.
  3. van den Bergh, S. (2000). "Updated Information on the Local Group". Astronomical Society of the Pacific. 112 (770): 529–536. arXiv:astro-ph/0001040. Bibcode:2000PASP..112..529V. doi:10.1086/316548.
  4. K.G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
  5. K.G. Jones (1967). "Some New Notes on Messier's Catalogue". Sky & Telescope. 33: 156–158. Bibcode:1967S&T....33..156J.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.