M'basherivier

Die M'basherivier (ook Bashee en Mbhashe) is een van die groot riviere in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring op 2 600m hoog in die Drakensberge en vloei in 'n suidoostelike rigting. Dit het 'n opvanggebied van 6 030 km².[1] Die M'bashe word deur die Xuka-, Mgwali-, Dutywa- en die Mnyolo-riviere gevoed en vloei deur 'n indrukwekkende kloof. Besonder opvallend is die baie kronkels wat die rivier in die omgewing van Collywobbles maak. Die rivier mond naby die M’bashe Pointvuurtoring, suid van Mhlanganisweni in die Indiese Oseaan uit.[2]

M'basherivier
Mbhashe, Bashee
Stroomgebied Suid-Afrika
Oorsprong Drakensberg
Monding Indiese Oseaan
Oorsprong-hoogte 1 700 meter
Monding-hoogte 0
Stroomgebiedopp. 6 030 km²
Ligging van M'basherivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
M'basherivier
M'basherivier
Koördinate: 32°15′S 28°54′O

Die rivier vorm die suidgrens van Tembuland.

Geskiedenis

Die Portugese skip, die São Bento strand in 1554 by die rivier se monding. Slegs 98 Portugese en 224 slawe oorleef die stranding.[3]

Nelson Mandela is in 1918 in Mvezo, 'n dorpie langs die rivier gebore.[4]

Ekologie

Van die visse wat hier gevang word, sluit in kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus), goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), dikkop-ghieliemientjie (Barbus anoplus), varswater-harder (Myxus capensis), Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata) en geelbekpaling (Anguilla mossambica). Die geelbekpaling is 'n indringerspesie wat nou wydverspreid in die rivierstelsel voorkom.[5]

Sytakke

Eksterne skakel

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.