Lys van monarge van Brittanje
Die volgende is ’n lys van monarge van Groot-Brittanje en die Verenigde Koninkryk. Die Koninkryk van Groot-Brittanje is op 1 Mei 1707 gevorm nadat die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland verenig het. Op 1 Januarie 1801 het Groot-Brittanje en die Koninkryk van Ierland verenig om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland te vorm. Nadat die grootste deel van Ierland die unie op 6 Desember 1922 verlaat het, is die naam op 12 April 1927 verander na Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland.
![](../I/Royal_Coat_of_Arms_of_the_United_Kingdom_(Tudor_crown).svg.png.webp)
Britse monarge
Huis van Stuart
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Stuart.
Die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland het op 1 Mei 1707 tydens die bewind van koningin Anna verenig om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Anna 1 Mei 1707–1714 Engeland en Skotland 8 Maart 1702–1707 | ![]() | 6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde[1] | George van Denemarke Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders[1] | 1 Augustus 1714 Kensington op 49[1] |
Huis van Hannover
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Hannover.
Die Hannovers het aan die bewind gekom vanweë die Act of Settlement 1701.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
George I 1 Augustus 1714–1727 | ![]() | 28 Mei 1660 Leineschloss seun van Ernest Augustus, Elektor van Brunswyk-Lüneburg en Sophia van Hannover[2] | Sophia Dorothea van Brunswyk-Lueneburg-Celle 21 November 1682 2 kinders[2] | 11 Junie 1727 Osnabrück op 67[2] |
George II 11 Junie 1727–1760 | ![]() | 30 Oktober 1683 Herrenhausen seun van George I en Sophia Dorothea van Brunswyk-Lueneburg-Celle[3] | Caroline van Ansbach 22 Augustus 1705 8 kinders[3] | 25 Oktober 1760 Kensington-paleis op 76[3] |
George III 25 Oktober 1760–1820 | ![]() | 4 Junie 1738 Norfolk House seun van Frederick, Prins van Wallis en prinses Augusta van Sakse-Gotha[4] | Charlotte van Mecklenburg-Strelitz Sint James-paleis 8 September 1761 15 kinders[4] | 29 Januarie 1820 Windsor-kasteel op 81[4] |
George IV 29 Januarie 1820–1830 | ![]() | 12 Augustus 1762 Sint James-paleis seun van George III en Charlotte van Mecklenburg-Strelitz[5] | (1) Maria Anne Fitzherbert Park Lane 15 September 1785 (2) Caroline van Brunswyk Sint James-paleis 8 April 1795 1 dogter[5] | 26 Junie 1830 Windsor op 67[5] |
William IV 26 Junie 1830–1837 | ![]() | 21 Augustus 1765 Buckingham-paleis seun van George III en Charlotte van Mecklenburg-Strelitz[6] | Adelaide van Sakse-Meiningen Kew-paleis 13 Julie 1818 2 kinders[6] | 20 Junie 1837 Windsor-kasteel op 71[6] |
Victoria 20 Junie 1837–1901 | ![]() | 24 Mei 1819 Kensington-paleis dogter van prins Edward, Hertog van Kent en Strathearn en prinses Victoria van Sakse-Koburg-Saalfeld[7] | Albert van Sakse-Koburg en Gotha Sint James-paleis 10 Februarie 1840 9 kinders[7] | 22 Januarie 1901 Osborne House op 81[7] |
Huis van Sakse-Koburg en Gotha
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Sakse-Koburg en Gotha.
Hoewel hy koningin Victoria se seun was, het Edward VII sy pa se name gekry en sy bewind was dus die begin van ’n nuwe huis.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Edward VII 22 Januarie 1901 -6 Mei 1910 | ![]() | 9 November 1841 Buckingham-paleis seun van Victoria en prins Albert[8] | Alexandra van Denemarke Sint George-kapel in Windsor-kasteel 10 Maart 1863 6 kinders[8] | 6 Mei 1910 Buckingham-paleis op 68[8] |
George V 6 Mei 1910–1917 | ![]() | 3 Junie 1865 Marlborough House seun van Edward VII en Alexandra van Denemarke[9] | Mary van Teck 6 Julie 1893 Sint James-paleis 6 kinders[9] | 20 Januarie 1936 Sandringham House op 70[9] |
Huis van Windsor
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Windsor.
Die Huis van Sakse-Koburg en Gotha het in 1917 tydens die Eerste Wêreldoorlog sy naam na Windsor verander weens anti-Duitse gevoelens.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
George V 1917–1936 | ![]() | 3 Junie 1865 Marlborough House seun van Edward VII en Alexandra van Denemarke[9] | Mary van Teck 6 Julie 1893 Sint James-paleis 6 kinders[9] | 20 Januarie 1936 Sandringham House op 70[9] |
Edward VIII 20 Januarie – 11 Desember 1936[10] | ![]() | 23 Junie 1894 White Lodge seun van George V en Mary van Teck[10] | Wallis Warfield Simpson Château de Candé 3 Junie 1937 geen kinders[10] | 28 Mei 1972 Bois de Boulogne op 77[10] |
George VI 11 Desember 1936–6 Februarie 1952 | ![]() | 14 Desember 1895 Sandringham seun van George V en Mary van Teck[10] | Elizabeth Bowes-Lyon Westminster-abdy 26 April 1923 2 kinders[10] | 6 Februarie 1952 Sandringham House op 56[10] |
Elizabeth II 6 Februarie 1952–8 September 2022 | ![]() | 21 April 1926 Mayfair dogter van George VI en Elizabeth Bowes-Lyon[11] | Philip van Griekeland en Denemarke Westminster-abdy 20 November 1947 4 kinders[11] | 8 September 2022 Balmoral-kasteel op 96 |
Charles III 8 September 2022–tans | ![]() | 14 November 1948 Londen seun van Elizabeth II en prins Philip | Diana, Prinses van Wallis (1981–1996) 2 kinders Camilla Parker Bowles (sedert 2005) |
Tydlyn van Britse monarge
![](../I/c7e71215d1516571391f3501a5ae7a3f.png.webp)
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:List of British monarchs
- "thePeerage.com – Person Page 10134". thePeerage.com. Besoek op 1 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10099". thePeerage.com. Besoek op 1 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10097". thePeerage.com. Besoek op 1 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10078". thePeerage.com. Besoek op 1 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10079". thePeerage.com. Besoek op 2 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10085". thePeerage.com. Besoek op 2 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10065". thePeerage.com. Besoek op 2 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10066". thePeerage.com. Besoek op 3 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10067". thePeerage.com. Besoek op 3 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10068". thePeerage.com. Besoek op 3 September 2008.
- "thePeerage.com – Person Page 10070". thePeerage.com. Besoek op 3 September 2008.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lys van monarge van Brittanje. |