Lys van lande volgens regeringstipe

Hierdie is 'n Lys van Lande gerangskik volgens regeringsvorm.

Kaart van lande volgens regeringsvorm

 Presidensiële republiek, volle presidensiele stelsel

 Presidensiële republiek, uitvoerende president gekoppel met parlement

 Presidensiële republiek, semi-presidensiële stelsel

 Parlementêre republiek

 Parlementêre grondwetlike monargie waar die monarg nie persoonlik mag uitvoer nie

 Grondwetlike monargie waarin die monarg persoonlik mag uitvoer, baie keer saam met 'n swak parlement

 Absolute monargie

 Republieke waarvan die grondwet slegs 'n enkele party toelaat om te regeer

 Militêre diktatorskappe

Presidensiële Republieke

Dit is lande waar 'n president die hoof is van die uitvoerende mag en onafhanklik is van die wetgewende mag.

Parlementêre Republieke

Dit is lande waar 'n eerste minister die hoof is van die uitvoerende gesag en tewens van die wetgewende gesag. Daar is ook 'n president wat die simboliese hoof van staatshoof vervul.

Grondwetlike monargieë

Dit is lande waar 'n eerste minister die hoof is van die uitvoerende gesag en ook van die wetgewende gesag. Die staatshoof is 'n grondwetlike monarg wat slegs mag het met die toestemming van die regering.

Half-grondwetlike monargieë

Dit is lande waar 'n eerste minister die hoof is van die uitvoerende gesag, maar die monarg aansienlike politieke mag het wat hy of sy onafhanklik kan uitoefen.

State van die Britse Gemenebes

Dit is grondwetlike monargieë waar koningin Elizabeth II die staatshoof is met 'n onafhanklike regering. Die koningin benoem simbolies 'n Goewerneur-Generaal wat as staatshoof dien. Die eerste minister is die hoof van die uitvoerende gesag en van die wetgewende gesag.

Absolute Monargieë

Dit is monargieë waar die monarg die hoof is van die uitvoerende gesag en alle mag uitoefen.

Teokrasieë

Die land erken 'n staatsgodsdiens en die staatshoof word aangedui deur 'n soort kerk of godsdienstige hiërargie.

Een-partystate en geen-partystate

Nie-demokratiese lande waar die politieke mag gekonsentreer is in 'n enkele politieke party waarvan die struktuur versmelt is met die regeringshiërargie.

Militêre Junta's

Die leër van die land beheer die regering en alle hoë politieke beamptes is ook lid van die leërhiërargie.

Tussentydse Regering

Dit is state waar die regeringstelsel in oorgang of verwarring is en die op die oomblik nie geklassifiseer kan word nie.

Federale state

Dit is state waar die federale regering die mag deel met half-onafhanklike streeksregerings.

State met oorgeskuifde mag

State waar die federale regering 'n deel van die mag oorgekuif het na streeksregerings.

Half-federale state

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.