Lys van Superrugbykampioene

Superrugbykampioene is die titel van die wenner van die Superrugbykompetisie. Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12 maar na die eerste uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te weerspieël.[1][2] Na die tweede uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Rebels is die kompetisie ook hernoem na Superrugby. Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Superrugbykompetisie gewen het.

Hierdie artikel handel oor die wenners van die uitgebreide Superrugby-kompetisie. Vir inligting oor wenners voor die uitgebreide kompetisie, gaan na Lys van Super 12-kampioene of Lys van Super 14-kampioene
Superrugby
Superrugby

Dit begin met drie groepe (genoem konferensies) van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse konferensie). Seisoenwedstryde bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.:

  • Intragroepwedstryde – Elke span speel twee keer teen elk van die ander spanne in die konferensie in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe)
  • Intergroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee konferensies waarvan vier wedstryde tuis en vier wedstryde weg is. Daar word dus teen een span van elke ander konferensie nié gespeel nie.

Die boonste span in elke konferensie, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in hul konferensie, speel in die uitspeelwedstryde.[3] Die boonste twee konferensiewenners (op die basis van die algehele punteleër) kry die eerste rondte van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie. In die eerste rondte van die uitspeelwedstryde is die derde konferensiewenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër sal dan in ’n tuiswedstryd uitspeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes sal die tweede konferensiewenner uitspeel teen die span wat in die eerste uitspeelrondte gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste konferensiewenner speel dan teen die ander uitspeelrondtewenner. Die eindrondte is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.[4]

Uitslae

Hoe punte aangeteken word

  • wen = 4 punte
  • gelyk = 2 punte
  • verloor = 0 punte
  • vir = Totale punte aangeteken
  • teen = Totale punte afgestaan
  • verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken
  • Bonuspunt:
    • Spanne kan addisionele bonuspunte verdien onder sekere omstandighede. Een bonuspunt word toegeken vir enige span wat vier of meer drieë in een wedstryd gedruk het ongeag die uitslag van die wedstryd. ’n Bonuspunt word toegeken indien ’n span met sewe of minder punte verloor. Dit is moontlik om twee bonuspunte in ’n wedstryd te verdien al het ’n span verloor.
    • Bonuspunte word ook verkry wanneer ’n span ’n loslootjie gehad het.

Toernooie (2011–)

Spanne wat hier gelys word is die spanne wat gekwalifiseer het vir die halfeindrondes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s’n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het.

Jaar Tydperk Tabel-
posisie
Span Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Halfeind-
telling
Eind-
telling[5]
gespeel gewen gelyk verloor vir teen verskil
2011 18 Februarie
9 Julie
1Reds161303429309+12066630–1318–13
2Stormers161204400257+14376310–29NVT
3Crusaders161114436273+16376129–1013–18
4Blues161015405335+70106013–30NVT
2012 24 Februarie
4 Augustus
1Stormers161402350254+9626619–26NVT
2Chiefs161204444358+8686420–1737–6
3Reds161105359347+12658NVTNVT
4Crusaders161105485343+14296117–20NVT
2013 15 Februarie
3 Augustus
1Chiefs161204458364+9486620–1927–22
2Bulls161204448330+11856326–23NVT
3Brumbies161024430295+13566023–2622–27
4Crusaders161105446307+13956019–20NVT
2014 16 Februarie
2 Augustus
1Waratahs161204481272+209105826–833–32
2Crusaders161105445322+12375138–632–33
3Sharks161105406203+1136506–38NVT
4Brumbies161006412378+345458–26NVT
2015 13 Februarie
4 Julie
1Hurricanes161402458288+170106629–914–21
2Waratahs161105409313+9685217–35NVT
3Stormers161015373323+50345NVTNVT
4Highlanders161105450333+11795335–1721–14
2016 26 Februarie
6 Augustus
1Hurricanes151104458314+14495341–025–920–3
2Lions151104535349+18685242–2542–303–20
3Highlanders151104422273+14985215–930–42NVT
4Chiefs151104491341+15075160–219–25

Totale seges

Superrugby

Span Kampioenskap(pe)[2][5]
Chiefs 2
Reds 1
Waratahs 1
Highlanders 1
Hurricanes 1

Super 12- en Super 14-kampioenskappe

Span Kampioenskap(pe)[2][5]
Crusaders 7
Blues 3
Bulls 3
Brumbies 2
Chiefs 1
Reds 1

Sien ook

Verwysings

  1. (en) RugbyWA. "Rugby WA: Our History". Besoek op 1 Januarie 2009.
  2. RugbyWA. "Super 12 History" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2011. Besoek op 23 September 2007.
  3. "Superrugby: Groepe" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2011. Besoek op 13 September 2010.
  4. "Superrugby: Formaat van uitspeelwedstryde" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2011. Besoek op 13 September 2010.
  5. Lassen, Kev. "Super Rugby Past Champions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 1 Januarie 2009.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.