Lynkol-ghieliemientjie
Die Lynkol-ghieliemientjie (Barbus lineomaculatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavango-, Kunene-, Zambezi- en Limpoporiviere en ook in Sentraal- en Oos-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Line-spotted barb.
Lynkol-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. lineomaculatus |
Binomiale naam | |
Barbus lineomaculatus Boulenger, 1903 | |
Voorkoms
Die vis het 'n slanke lyf met twee pare baarde om die mond. Die vis is deurskynend bruin aan die bokant en silwer-wit aan die onderkant. Die skubbe op die sylyn het 'n swart rant. Daar is ook 'n ry swart kolle op die sye wat soos 'n lang lyn lyk. Die mannetjies word helder geel tydens die broeityd. Die vis word tot 75 mm lank.
Habitat
Hulle woon in 'n groot verskeidenheid habitate van klein strome tot groot riviere.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.