Lwandle

Lwandle is 'n lokasie geleë aan die N2 nasionale hoofweg in die Helderberg kom, in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, naby aan Somerset Wes en Gordonsbaai. Inwoners word hoofsaaklik in die Helderberg omgewing in diens gestel, vele in die boubedryf. Daar heers egter 'n hoë werkloosheidskoers.

Lwandle
Lwandle is in Wes-Kaap
Lwandle
Lwandle
Koördinate: 34°7′15″S 18°51′55″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigtingsdatum1958
Hoogte
0,29 m (,96,44 ft)
TydsoneUTC+2 (SAST)

Die nedersetting is in 1958 gestig om trekarbeiders vanaf die Oos-Kaap te huisves. Baie inwoners lewe nog steeds in plakkershutte terwyl die regering behuisingsprojekte van stapel stuur.

Die Lwandle Trekarbeid museum is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en vertel die verhaal van hostel-lewe en die trekarbeidsisteem.

Sien ook

Eksterne Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.