Luzon

Luzon (Engels: ; Spaans: Luzón; Tagalog: [luˈson]), die wêreld se 15de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 109 965 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die weste en die Filippynse See in die ooste. Luzon is die grootste, mees bevolkte en mees noordelike van die Filippynse eilande. Dit is ten noorde van die Visayas, oos van Indo-China, in die suidooste van die Volksrepubliek China en in die suide van die Republiek China op Taiwan geleë.[1] Luzon vorm saam met Mindanao en die Visayas die eilandnasie Filippyne.

Nasa-satellietbeeld van Luzon
Kaart van Luzon
Luzon
Ligging van Luzon in die Filippyne
Ligging van Luzon in die Filippyne
Geografie
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate16°N 121°O
ArgipelFilippyne
HoofeilandeLuzon, Mindoro, Palawan, Masbate, Catanduanes, Busuanga, Marinduque, Romblon, Polillo, Burias, Ticao, Alabat, Sibuyan, Tablas, Culion, Balabac, Bugsuk, Dumaran
Oppervlakte109 965 vk km
Hoogste puntBerg Pulag 2 922 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
ProvinsiesNasionale Hoofstad-streek, Bicol, Cagayan Valley, CALABARZON, Sentraal-Luzon, Cordillera, Ilocos

HoofstadManila
Grootste stadQuezon Stad (2 936 116)

Demografie
Bevolking53 336 134
BevolkingsgroepeAeta, Bicolano, Gaddang, Ibanag, Igorot, Ilokano, Ilongot, Itawes, Kapampangan, Pangasinan, Sambal, Tagalog
Die wêreld se 15de grootste eiland en die grootste eiland van die Filippyne

Luzon is met 'n bevolking van meer as 53 miljoen die vierde meesbevolkte eiland in die wêreld ná Java, Honsjoe en Groot-Brittanje, asook die belangrikste eiland van die Filippyne. In Luzon se suidweste is Manila, die Filippynse hoofstad, en Quezon Stad, die Filippyne se grootste stad, geleë.

Die term Luzon verwys ook na die argipel in die noorde van die Filippyne, wat die gelyknamige hoofeiland, die Batanes- en Babuyan-eilande in die noorde, die Polillo-eilande in die ooste en die afgeleë eilande Catanduanes, Marinduque, Masbate, Romblon, Mindoro en Palawan in die suide insluit.

Etimologie

Die benaming Luzon is glo afgelei van die Tagalog-woord lusong, 'n groot houtstamper wat vir die stamp van rys gebruik is.[2][3]

Die ou naam van dié eiland tydens die Spaanse Ryk was Nueva Castilla, letterlik "Nieu-Kastilië", genoem ná die Middeleeuse Koninkryk Kastilië in Spanje.

Voorgeskiedenis

Die eiland het waarskynlik reeds 700 000 jaar gelede 'n bevolking gehad. Dit is nie bekend watter soort mense dit was nie, maar Homo erectus is 'n goeie kandidaat.[4]

Verwysings

  1. "Luzon" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 26 April 2020.
  2. (en) Keat Gin Ooi (2004). Southeast Asia: A Historical Encyclopedia, from Angkor Wat to East Timor. ABC-CLIO. p. 798. ISBN 978-1-57607-770-2.
  3. (en) Roberts, Edmund (1837). Embassy to the Eastern Courts of Cochin-China, Siam, and Muscat. New York: Harper & Brothers. p. 59.
  4. (nl) nu.nl 3 Mei 2018

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.