Lulu Xingwana
Lulama "Lulu" Marytheresa Xingwana (gebore 23 September 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was van 2006 tot 2009 minister van landbou en grondsake, en van 2010 tot 2014 minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede. Sy was van 1994 tot 25 Mei 2014 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.
Lulu Xingwana | |
Minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede | |
Ampstermyn 1 November 2010 – 26 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Noluthando Mayende-Sibiya |
---|---|
Opgevolg deur | Susan Shabangu |
Minister van kuns en kultuur | |
Ampstermyn 10 Mei 2009 – 31 Oktober 2010 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Pallo Jordan |
Opgevolg deur | Paul Mashatile |
Minister van landbou en grondsake | |
Ampstermyn 2006 – 2009 | |
Voorafgegaan deur | Thoko Didiza |
Opgevolg deur | Tina Joemat-Pettersson Gugile Nkwinti |
Lid van die Nasionale Vergadering | |
Ampstermyn 1994 – 25 Mei 2014 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 23 September 1955 |
Politieke party | African National Congress |
Politieke standpunte
Homoseksualiteit
In Maart 2010 storm Lulu Xingwana uit 'n kunsuitstalling wat sy in haar hoedanigheid as minister van kuns en kultuur bygewoon het omdat die kuns volgens haar "immoreel" was. Volgens 'n anonieme bron was Xingwana gekant teen die vertoning van selfdegeslagverhoudings. Xingwana het deur haar woordvoerder gesê dat die kunswerk "immoreel, aanstootlik en teen nasiebou" was.[1]
Afrikaners
Op 26 Februarie 2013 het Xingwana aan die Australiese TV-nuuskanaal ABC News gesê: "Jong Afrikanermans word in die Calvinistiese godsdiens grootgemaak wat hulle laat glo dat hulle vroue besit, dat hulle kinders besit, dat hulle alles besit en dat hulle dus 'n lewe kan neem omdat hulle dit besit".[2]
Nadat sy hierdie uitlating gemaak het, is sy deur die burgerregte-organisasie AfriForum daarvan beskuldig dat sy "op die grond van ras, geloof en geslag" diskrimineer.[2] Die Afrika Christen Demokratiese Party het die president, Jacob Zuma, gevra om haar af te dank. Die Afrikanerbond het in 'n verklaring gesê dat haar kommentaar 'n "ekstreme verbale aanval op die integriteit van Afrikaners" is en het gespekuleer dat sy die uitlating gemaak het in 'n poging om aandag af te trek van 'n verslag wat wanbestuur in haar departement beskryf.[3]
Xinwana het die dag na die omstrede uitlating dit teruggetrek en "onvoorwaardelik" daarvoor om verskoning gevra.[3]
Verwysings
- "'This is not art!’: Lulu Xingwana Geargiveer 7 Februarie 2011 op Wayback Machine"
- "Afrikaners to blame for abuse - minister". IOL News (in Engels). 26 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 27 Februarie 2013.
- SAPA (27 Februarie 2013). "Xingwana apologises for 'racist' comments on Afrikaner men". Mail & Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 2 Januarie 2019.
Eksterne skakels
- Lulu Xingwana op People's Assembly
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Thoko Didiza |
Minister van landbou en grondsake 2006–2009 |
Opgevolg deur Tina Joemat-Pettersson as Minister van landbou, bosbou en visserye |
Opgevolg deur Gugile Nkwinti as Minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming | ||
Voorafgegaan deur Pallo Jordan |
Minister van kuns en kultuur 10 Mei 2009–31 Oktober 2010 |
Opgevolg deur Paul Mashatile |
Voorafgegaan deur Noluthando Mayende-Sibiya |
Minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede 1 November 2010–26 Mei 2014 |
Opgevolg deur Susan Shabangu |