Lule-Samies

Lule-Samies (julevsámegiella; Noors: lulesamisk; Sweeds: lulesamiska) is 'n Samiese taal wat gepraat word in Lule Lappmark, veral rondom die Lule-rivier, Swede, en in die noordelike gebiede van die Noorse Nordlandprovinsie, veral die Tysfjord-munisipaliteit, waar Lule-Samies 'n amptelike taal is. Dit word in die Latynse alfabet geskryf.

Samiese dialekte in Skandinawië en Noord-Rusland: 1 Suid-Samies, 2 Ume-Samies, 3 Pite-Samies, 4 Lule-Samies, 5 Noord-Samies, 6 Skolt-Samies, 7 Inari-Samies, 8 Kildin-Samies, 9 Ter-Samies
Lule-Samies
julevsámegiella
Gepraat in: Vlag van Noorweë Noorweë
Vlag van Swede Swede 
Gebied: Lapland of Sápmi
Totale sprekers: 650[1]
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies
     Samies
      Lule-Samies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Noorweë Noorweë[2][3]
Erkende minderheidstaal in sommige munisipaliteite van:
Vlag van Swede Swede[4]
Gereguleer deur:
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: smj
ISO 639-3: smj

In Noorweë is Lule-Samies een van drie amptelik erkende variante van Samies (saam met Noord-Samies en Suid-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.[5]

Skryfstelsel

A a Á á B b D d E e F f G g H h
I i J j K k L l M m N n Ŋ ŋ O o
P p R r S s T t U u V v Å å Ä ä

Verwysings

  1. (no) "Fant hemmelighetene i lulesamenes språk". Nord universitet. 6 Desember 2015. Besoek op 17 Maart 2021.
  2. (no) "Språk i Norge – Store norske leksikon". 22 Mei 2019. Besoek op 17 Maart 2021.
  3. (no) kirkedepartementet, Kultur- og (27 Junie 2008). "St.meld. nr. 35 (2007–2008)". Regjeringa.no. Besoek op 17 Maart 2021.
  4. (en) "To which languages does the Charter apply?". Europese Handves vir Streek- en Minderheidstale. Raad van Europa. p. 3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2013. Besoek op 3 April 2014.
  5. (no) Svenn-Egil Knutsen Duolljá en Harald Gaski (16 Desember 2015). "Lulesamisk". Store norske leksikon. Besoek op 17 Maart 2021.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.