Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër (Japannees: 帝国陸軍航空隊, Teikoku Rikugun Kōkūtai) was tot 1945 die lugmag van die destydse Japannese Leër. Die Japannese Keiserryk het geen aparte of onafhanklike lugmag gehad nie. Sowel die Japannese Keiserlike Leër as die Japannese Keiserlike Vloot het oor hul eie lugmagkomponent beskik.
Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër | |
---|---|
Gestig | 1912 |
Ontbind | 1945 |
Land | Japan |
Onderdeel van | Japannese Keiserlike Leër |
Tipe | Lugmag |
Logo | |
Spesialisasie | Lugoorlogvoering |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Chinees-Japannese Oorlog Tweede Wêreldoorlog |
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër het hoofsaaklik taktiese lugsteun verleen. Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Vloot was verantwoordelik vir strategiese bombardemente en nasionale lugverdediging.
Organisasie
Die Lugmag van die Leër was onderverdeel in 5 lugleërs (koku-gun), wat elk verantwoordelik was vir 'n bepaalde streek.
Sterkte
In 1940 het die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër bestaan uit:
- 33 000 personeel
- Meer as 1 600 vliegtuie (waaronder 1 375 vegvliegtuie)
- Dié was onderverdeel in 85 lugkompanjies:
- 36 kompanjies vegvliegtuie,
- 28 kompanjies ligte bomwerpers en
- 22 kompanjies middelswaarbomwerpers.
Vliegtuie in gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog
Enkelmotorige vegvliegtuie
- Kawasaki Ki-10 („Perry“)
- Kawasaki Ki-61 Hien („Tony“)
- Mitsubishi A5M („Claude“)
- Mitsubishi J2M („Jack“)
- Nakajima Ki-27 Setsu („Nate“)
- Nakajima Ki-43 Hayabusa („Oscar“)
- Nakajima Ki-43-II Hayabusa („Oscar-II“)
- Nakajima Ki-44 Shoki („Tojo“)
- Nakajima Ki-84 Hayate („Frank“)
- Nakajima Ki-100 Goshiki
Tweemotorige vegvliegtuie
- Kawasaki Ki-45 Toryu („Nick“)
- Kawasaki Ki-102 („Randy“)
Ligte bomwerpers
- Mitsubishi Ki-30 („Ann“)
- Kawasaki Ki-32 („Mary“)
- Mitsubishi Ki-51 („Sonia“)
Ander bomwerpers
- Kawasaki Ki-48 („Lily“)
- Mitsubishi Ki-21 („Sally“)
- Mitsubishi Ki-67 Hiryu („Peggy“)
- Nakajima Ki-49 Donryu („Helen“)
Verkenningvliegtuie
- Mitsubishi Ki-46 („Dinah“)
Transportvliegtuie
- Kawasaki Ki-56 („Thalia“)
- Kokusai Ki-59 („Theresa“)
- Mitsubishi Ki-57 („Topsy“)
- Mitsubishi L3Y („Tina“)
- Nakajima Ki-34 („Thora“)
Vragsweefvliegtuie
- Kokusai Ku-8 („Gander“)
Opleidings- en verbindingvliegtuie
- Yokosuka K5Y („Willow“)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.