Singapoer Changi Lughawe
Die Internasionale Singapoer Changi Lughawe (IATA: SIN, ICAO: WSSS), is die belangrikste lughawe in Singapoer. Dit is 'n groot lugvaartspilpunt in Suidoos-Asië, geleë 17 km (10 myl) noordoos[5] van die besigheidsentrum in Changi, op 'n 13 vierkante kilometer (3 200 hektaar) perseel.
Singapoer Changi Lughawe Lapangan Terbang Antarabangsa Changi Singapura 新加坡樟宜机场 Xīnjiāpō Zhāngyí Jīchǎng சிங்கப்பூர் சாங்கி விமானநிலையம் Ciṅkappūr Cāṅki Vimana Nilaiyam | |||
---|---|---|---|
IATA: SIN – ICAO: WSSS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar / Militêr | ||
Eienaar | Singapoerse Regering[1] | ||
Operateur | Changi Lughawegroep | ||
Bedien | Singapoer | ||
Ligging | Changi, Oostelike streek, Singapoer | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 7 m / 22 vt | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
SIN Ligging in Singapoer | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
02L/20R | 4 000/3 260 | 13 123 | Teer |
02C/20C | 4 000 | 13 123 | Teer |
02R/20L [2] | 2 750 | 9 022 | Teer |
Statistieke (2021) | |||
Passasiers | 3 053 000 | ||
Lugbewegings | 109 000 | ||
Vrag tonnemaat | 1 947 000 | ||
Ekonomiese & sosiale impak | VS$13.3 miljard & 119 000 (2017) | ||
Bronne: Changi Lughawegroep se webblad,[3] Airports Council International[4] Singapoerse Lugvaart Inligtingspublikasie[5] |
Die lughawe, wat deur die Changi Lughawegroep bedryf word, is die tuisbasis van Singapore Airlines, Singapore Airlines Cargo, SilkAir, Scoot,[6] Jetstar Asia Airways en Valuair. In Mei 2013 bedien Changi Lughawe meer as 100 lugrederye met 6 400 weeklikse vlugte wat Singapoer met meer as 250 stede in 60 lande en gebiede wêreldwyd verbind.[7] Tot 30 Maart 2013 het die lughawe ook gedien as 'n sekondêre spil vir Qantas, wat Singapoer gebruik het as die belangrikste halte vir vlugte op die Kangaroe-roete tussen Australië en Europa. Qantas was die grootste buitelandse lugredery wat die lughawe gebruik het, met meer as twee miljoen passasiers per jaar. Met meer as 28 000 personeel in diens by die lughawe is dit 'n belangrike bydraer tot die ekonomie van Singapoer, en is jaarliks verantwoordelik is vir meer as S$4.5 miljard se omset.
Changi Lughawe het drie passasiersterminale met 'n totale jaarlikse hanteringskapasiteit van 66 miljoen passasiers. Terminaal 1 is in 1981 geopen, gevolg deur Terminaal 2 in 1990 en Terminaal 3 in 2008. Die Ekonomieterminaal is op 26 Maart 2006 geopen en weer op 25 September 2012 gesluit; dit sal plek maak vir Terminaal 4 wat teen 2017 gereed sal wees.
- Voormalige Terminaal 1
- Die wêreld se eerste A380, dié van Singapore Airlines, by Terminaal 2
- Inweegtoonbanke by Terminaal 3, die ronde gate is vir lugreëling
- Qantas en Singapore Airlines Airbus A380s by Changi (2011).
Verwysings
- Changi Lughawegroep Geargiveer 3 Desember 2011 op Wayback Machine. URL besoek op 15 Augustus 2012
- Nota: Aanloopbaan 02R/20L is tans gereserveer vir die Singapoerse Lugmag (Changi Lugmagbasis (Oos)). Dit sal verleng word vir kommersiële gebruik in die toekoms.
- "air traffic statistics" (in Engels). Changi Lughawegroep. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2015. Besoek op 8 Maart 2014.
- "Passenger Traffic 2010". Airports.org. 1 Augustus 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2012. Besoek op 8 November 2011.
- Aerodrome Geographical and Administrative Data, Services and Facilities Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine;Meteorological Information and Runway Physical Characteristics Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine
- "Singapore's new budget airline touches down in Sydney" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2013.
- "Operating indicators for May 2013" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 November 2013. Besoek op 30 Maart 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |