Ludwig Erhard
Ludwig Wilhelm Erhard (* 4 Februarie 1897 in Fürth; † 5 Mei 1977 in Bonn) was 'n Duitse politikus (CDU) wat tussen 1949 en 1963 as federale minister van ekonomie en tussen 1963 en 1966 as tweede bondskanselier van Wes-Duitsland gedien het.
Ludwig Erhard | |
Bondskanselier van Duitsland | |
Ampstermyn 16 Oktober 1963 – 1 Desember 1966 | |
Voorafgegaan deur | Konrad Adenauer |
---|---|
Opgevolg deur | Kurt Georg Kiesinger |
Vise-kanselier | |
Ampstermyn 29 Oktober 1957 – 15 Oktober 1963 | |
Voorafgegaan deur | Franz Blücher |
Opgevolg deur | Erich Mende |
Minister van ekonomie | |
Ampstermyn 20 September 1949 – 15 Oktober 1963 | |
Voorafgegaan deur | Walther Funk |
Opgevolg deur | Kurt Schmücker |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 4 Februarie 1897 Fürth, Duitse Keiserryk |
Sterf | 5 Mei 1977 Bonn, Wes-Duitsland |
Politieke party | Christelik-Demokratiese Unie (CDU) |
Eggenoot/-note | Luise Lotter |
Alma mater | Johann Wolfgang Goethe-Universiteit Frankfurt am Main |
Religie | Evangelies-Luthers |
Erhard, wat sy doktersgraad in ekonomie aan die Johann Wolfgang Goethe-Universiteit van Frankfurt am Main verwerf het, het 'n leidende rol in die na-oorlogse ekonomiese hervormings en herstel in Wes-Duitsland gespeel, veral as minister van ekonomie in kanselier Konrad Adenauer se kabinet voordat hy in 1963 self kanselier geword het. Met sy steun vir 'n sosiale markekonomiese stelsel, wat hy in sy leuse Wohlstand für alle ("Welvaart vir almal") opgesom het, het hy 'n vinnige ekonomiese opswaai bevorder waarna as die "ekonomiese wonder van Duitsland" (Wirtschaftswunder) verwys word.