Ludlow

Ludlow (/lə́dləw/; Wallies: Llwydlo) is 'n Middeleeuse markdorp in die Engelse graafskap Shropshire, 45 km (28 myl) suid van die county town Shrewsbury en 37 km (23 myl) noord van Hereford geleë, met 'n bevolking van rofweg 11 000. Ludlow het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Wallis en die Welsh Marches, 'n historiese streek langs die Engels-Walliese grens.

The Feathers Hotel, 'n sorgvuldig gerestoureerde juweel van Tudor-vakwerkboukuns, dateer van 1619
Hierdie artikel handel oor die historiese Engelse markdorp. Vir die nedersetting in die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sien gerus Ludlow, Mpumalanga.
Ludlow

LLwydlo
Markdorp
Ludlow op 'n koue winterdag
Wapen
Ludlow
Koördinate: 52°22′00″N 2°43′00″W
Land Verenigde Koninkryk
LandEngeland
Seremoniële GraafskapShropshire
Unitêre owerheidShropshire
Historiese dokumentasie1086
Bevolking
  Totaal10 266
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
  SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode-distrik
SY8
Skakelkodes01584
Webwerfludlow.org.uk

Ludlow se historiese boukuns en goed bewaarde Middeleeuse straatuitleg maak van die nedersetting 'n gewilde toeristebestemming, met sowat 500 geboue wat as historiese monumente beskerm word, insluitende Tudor-vakwerkgeboue met hul kenmerkende swart-en-wit fasades en Georgiaanse baksteenhuise. Die hoofattraksies is die Middeleeuse Normandiese kasteel wat vanaf 1085 op 'n krans bo-oor 'n rivierkronkel van die River Teme ontstaan het en die nabygeleë katedraalagtige St Lawrence-kerk, een van die grootste parogiale kerkgeboue in Engeland wat Ludlow se welvaart as 'n handelspilpunt vir wol en lakens in die 14de eeu weerspieël toe dit herbou is. Dikwels word na Ludlow verwys as the perfect historic town.[1]

Verwysings

  1. Peter Long: The Hidden Places of England. Fourth edition. Aldermaston, Berks.: Travel Publishing 2004, bl. 450

Eksterne skakels

Toerisme

Geskiedenis

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.