Lucifer

Lucifer is die Latynse naam van die oggendster, die planeet Venus. Dit beteken "ligdraer" (afgelei van Latyns lux "lig" en ferre "dra, bring"). Gaandeweg is die naam Lucifer in die Christelike taalgebruik met die duiwel of Satan vereenselwig.

Die „oggendster“ Venus (links onder die maan)

Romeinse mitologie

In die Romeinse mitologie is Lucifer as poëtiese naam vir die oggendster gebruik. Die Latynse term was 'n letterlike vertaling van die Griekse phosphóros ("ligbringer") en eosphóros ("bringer van die môrerooi") – name wat byvoorbeeld in Homeros se Odussee of Hesiodos se Theogonia voorkom. Lucifer word ook met die godin Venus verbind.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.