Lucera

Lucera (Napolitaans:Lucére) is 'n stad in die suide van Italië. Dit is in die provinsie Foggia in die streek Apulia geleë. Dit lė waar die Molise- met die Campaniadal saamkom in die Tavoliere delle Puglie. Lucera was die hoofstad van Capitanata en van die graafskap Molise van 1579 tot 1806.

Lucera
Stad
Festa Patronale in Lucera
Festa Patronale in Lucera
Foggia in Apulia
Foggia in Apulia
Lucera in Foggia
Lucera in Foggia
Koördinate: 41°30′00″N 15°20′00″O
LandVlag van Italië Italië
StreekApulia
ProvinsiesFoggia
Regering
  BurgemeesterAntonio Tutolo
Hoogte
50 m (160 ft)
Bevolking
  Totaal34 243
TydsoneUTC+1 (MET)
  SomertydUTC+2 (MEST)
Poskode
71036
Webwerfwww.lucera.it

Klimaat

Die stad het 'n mediterreense klimaat met lang, heet somers en sagte winters, hoewel daar omdat dit dig by die Dauniese gebergte geleë is, ryp kan wees. Daar is dikwels winde, maar hulle is gewoonlik matig. Die gemiddelde temperatuur is 15 °C en daar val min kapok.

Geskiedenis

Argeologiese vondste het 'n nedersetting uit die bronstydperk gevind en die streek was deur die Dauni-stam bewoon. Die stad is dalk genoem na 'n legendariese Daui-hoofman Lucius of na die godin Lux Cereris. 'n Ander moontlikheid is dat dit Etruskies is: luc = hout en eri = heilig; die heilige woud.

Tweede Samniete-oorlog

Die Romeinse leër het in 321 v.C. gedink dat die stad deur die Samniete beleër word. Hulle wou die bewoners help, maar het self in 'n hinderlaag geloop en is in die Slag van die Koudynse Passe verslaan. Die Samniete het daarná Lucera beset, maar hulle is na 'n opstand verdryf. In 320 v.C. het die stad tog die beskerming van die Romeinse gesoek en die Senaat het dit die status van 'n Colonia Togate gegee. Dit beteken dat hulle deur die Senaat bestuur is. Die bande met Rome is verder versterk deur 2 500 Romeinse koloniste wat na die stad gestuur is. Sedert hierdie tyd was Lucera altyd 'n troue bondgenoot van Rome.

Burgeroorloë

Pompeius het in Lucera sy hoofkwartier gevestig in die tyd van die burgeroorlog met Julius Caesar. Die stad het skielik die heersende party verwelkom en Caesar het dit gespaar. In die volgende burgeroorlog tussen Octavianus en Marcus Antonius is die stad verwoes en Octavianus het later baie van sy veterane op die ruïnes gevestig. Daarmee het 'n nuwe bloeityd begin. Daar is talle oorblyfsels uit die keisertyd, soos die amfiteater.

Vroeë middeleeue

Die val van die Wes-Romeinse Ryk beteken 'n tyd van neergang. Dit het 'n Lombardiese stad geword en in 663 het die Bisantynse keiser dit vernietig. Later het dit opnuut 'n twisappel geword. In 802 het die Lombardiese hertog Grimoald III die op die Frankiese hertog van Spoleto verower.

Islamitiese tyd

Die katedraal van Lucera het 'n moskee geword en later opnuut 'n kerk

In 1224 het keiser Frederik II 'n einde gemaak aan die opstand van die moslems van Sisilië. Baie van hulle het na Noord-Afrika gevlug, maar van hulle is verplaas na Lucera met die belofte dat hulle hier in vrede hul geloof kan bely. Tussen vyftien- tot twintigduisend van hulle het in hierdie stad Lugêrah soos dit in Arabies genoem word of Lucaera Saracenorum soos dit in Latyn heet, gewoon. Hulle was hoofsaaklik boere en het graan soos gars verbou of druiwe of ander vrugte. Die kolonie het 75 jaar bestaan, maar in 1300 het die troepe van Karel II van Napels dit verower en geplunder. Van die moslims het na Albanië gevlug, maar talle is dood of amper 10 000 van hulle as slawe verkoop.[1][2] Die moskeeë is vernietig en later is daar kerke op hulle plek gebou. Van die moslims wat christene geword het, het hulle besit teruggekry, maar nie hulle posisie in die stad nie. In 1339 het die stad 'n hongersnood geken.

Hohenstaufen-kasteel.
Amfiteater van Lucera.


Bronne

Verwysings

Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Engelse Wikipedia. Sien bron.

  1. Julie Taylor. Muslims in Medieval Italy: The Colony at Lucera. Lanham, Md.: Lexington Books. 2003. [dooie skakel]
  2. Ataullah Bogdan Kopanski. Islamization of Shqeptaret: The clas of Religions in Medieval Albania. Geargiveer 25 November 2009 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.